Weg! Ry & Sleep

Kamp in die Klein-Karoo

Die Guano Cave-oord naby Montagu is ’n puik kampplek met vermaak vir die hele gesin, sê Maryke Tredoux van Kuilsrivie­r.

-

Mense raak maklik liries oor hoe mooi dit by Montagu in die KleinKaroo is en wat ’n goeie plek dit is om jou batterye te herlaai. Nadat ons van die Montagu Guano Cave-oord te hore gekom het, het ons (drie paartjies en vyf kinders) uit Kaapstad vertrek en met die N1 in Worcester se rigting gery. Ons het op die R62 afgedraai en koers gekies Montagu toe deur Robertson en Ashton. Die oord is 8 km anderkant die dorp, steeds op die R62, en die pad is geteer tot by die hek. Die stuk tussen die hek en die staanplek ry jy grondpad, maar dit was geen moeite vir ons Toyota Hilux met ’n Venter-sleepwa op die haak nie.

Hoe lyk dit by die oord?

Die kampterrei­n is aan die voet van die berg met ’n magdom bome wat vir koelte sorg oor die groot en netjiese staanplekk­e. Hier is ’n kragpunt en kraan by elke staanplek en elkeen het ook sy eie braaier en vullisdrom. Die kampterrei­n is sowat 500m van die ontvangska­ntoor en winkel af en hier is wonderlike paadjies waarlangs ’n mens kan gaan stap.

Vertel ons meer oor die ablusieger­iewe.

Ons het geen klagtes oor die geriewe nie. Hier is groot gesinsbadk­amers met storte, wat beteken dis geen moeite om die kinders skoon te kry nie. Trouens, hulle het die gesinstyd in die badkamer nogal geniet. Dit was ’n verligting, want dit kan ’n storie wees om twee kleuters in die kampterrei­n gebad te kry. Maar die geriewe is ruim, netjies en skoon – en daar is genoeg warm water.

Watter aktiwiteit­e is hier om ’n mens besig te hou?

Waar moet ek begin... Diereliefh­ebbers kan die hasies, perde, varke, kamele en alpakkas kom voer. Hier is selfs emoes. Hier is groot swembadden­s met ’n waterwurm en kleiner glyplanke, en in die wintermaan­de kan jy in die binnenshui­se warmwaters­wembad kom week.

Vir die groter kinders is hier ’n foefieslaa­id en vlugbalbaa­n, terwyl die kleintjies hulle kan besig hou tussen die swaaie en houtklimra­me in die groot speelparki­e. Soos ons reeds genoem het, kan jy na hartelus kom stap en draf en hier is heelwat

roetes om die kampterrei­n. Dan kan jy ook die grot gaan besoek. Jy ry die helfte van die pad met ’n sleepwa agter ’n trekker en stap en klim dan verder. Die roete is plekplek glad en ek sou mense met kinders onder 3 jaar eerder aanraai om agter te bly.

Moet ek alles inpak wat ek gaan nodig kry wanneer ek hier kom kamp?

Hier is ’n klein winkel met basiese voorraad, maar langs die swembad is ’n restaurant en kroeg waar jy skemerkelk­ies kan bestel. Montagu is net ’n entjie in die pad af as jy iets anders nodig kry of brandstof moet ingooi.

Wat kos dit om hier te kamp?

Op weekdae is dit R60 p.p.p.n. en oor naweke R120 p.p.p.n. (R100 vir kinders o.12). Op openbare vakansieda­e en in skoolvakan­sies is die kamptarief onderskeid­elik R140 en R120.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa