Weg! Ry & Sleep

Kreef se kleinboet op ’n stokkie

-

Probeer hierdie geurige en maklike garnaal-op-’n-stokkie as ’n voorgereg, en geniet dit saam met ’n glasie witwyn. Jy sal nooit weer ’n pak tjips wil oopmaak nie!

Jy benodig

1 boks garnale met doppe en koppe, dermpies verwyder sap en gerasperde skil van 2 suurlemoen­e 1 koppie room 1 koppie botter

Só maak jy

1 Steek die garnale stert eerste op ’n bamboessos­atiestokki­e sodat hulle lank uitrek. 2 Gooi die suurlemoen­sap en -skil in ’n kastrollet­jie en kook die helfte van die vloeistof weg. Gooi nou die room by en kook weer die helfte weg. Haal die mengsel van die plaat af en klits die botter bietjies-bietjies by. 3 Braai nou die garnale op taamlike warm kole en draai dit gereeld om. 4 Sit die sous in ’n groot blik sodat jy die garnale sommer so op die stokkie kan doop en eet.

Weg Ry & Sleep sê Die suurlemoen­skil gee die sous ’n kenmerkend­e geur, maar moenie die wit van die skil gebruik nie – dis bitter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa