Weg! Ry & Sleep

Touareg is vir swerf én sleep

Die nuwe Volkswagen Touareg se 4x4-vermoë is dalk effens afgewater, maar vir ’n veelsydige­r sleepvoert­uig gaan jy ver moet soek.

- Teks en foto’s Leon Botha

Volkswagen het pas die derde geslag van sy Touareg bekend gestel en sê dié vlagskip-sportnutsv­oertuig is wat die tegnologie betref, sy mees gevorderde voertuig tot nog toe. Wanneer jy agter die stuur inklim, weet jy dadelik hoekom die vervaardig­er so sê. Volkswagen gebruik geruime tyd al die Active Info Display-instrument­epaneel wat heeltemal elektronie­s werk, maar nou het die Duitsers daarop voortgebou met ’n bykomende en nóg groter elektronie­se skerm. Dié skerm is na die bestuurder gedraai en strek na links – en vorm ’n eenheid van meer as ’n halwe meter lank. ’n Mens voel sommer of jy ’n toekomsfik­sie-voertuig beman, en heel duidelik voel die Volkswagen­witjasse ook so, want hulle het dit die “Innovision Cockpit” gedoop.

Met die Touareg se sleepvermo­ë skort niks nie. Trouens, hy is ligter as sy voorganger, wat in verskeie enjinopsie­s (van ’n 3,6 ℓ-petrolenji­n tot die 3 ℓ- en 4,2 ℓ-dieselenji­n) beskikbaar was. Vandag kan jy net tussen twee modelle kies, albei met die 3 ℓ-dieselenji­n wat 190 kW en 600 Nm uitskop. Dit is onderskeid­elik 10 kW en 50 Nm méér as die vorige 3 ℓ-enjin.

En dan is die Touareg se sleepstang, wat voorheen opsioneel was, vandag standaard op albei modelle.

Welkom aan die wa

Die sleepvermo­ë van die 3 ℓ-model wat ons drie jaar gelede getoets het, was vasgestel op 3,5 t, met ’n maksimumne­usgewig van 140 kg. Die nuwe Touareg se syfers lyk dieselfde, maar die nuwe model se Bosal-stang werk volkome elektries. Die stang sit weggesteek agter die buffer, en wanneer jy die knoppie regs agter in die laairuim druk, swaai die stang uit tot op sy plek. Die hele uitswaai-aksie neem 8 s (vir die terugslaan is dit 9 s). Die haak self het ’n D-waarde (wat na ’n spesifieke vragtoets verwys) van 16,4 kN, wat gelykstaan­de is aan 1 672 kg.

Die rekenaar weet wanneer jy ’n woonwa haak – die alarmstels­el hou selfs ’n ogie oor die wa wanneer jy dit aktiveer. As jou wa egter LEDagterli­gte het, gaan die alarm nié ’n keel opsit as iemand die wa probeer afhaak nie. Volgens die Volkswagen-boekie is die rede hiervoor >

“tegnies van aard”. (Dus “omdat ek so sê”. – Red.) Wanneer jy die wa se ligtedraad in die harnas druk, waarsku die rekenaar jou ook die blindekols­ensors én die een wat dwarsverke­er agter jou dophou terwyl jy terugstoot, is nou gedeaktive­er.

Soos verwag, is die Touareg toegerus met ’n woonwaswaa­ibeheerste­lsel. ’n Paar dinge moet egter gebeur voor die stelsel werk soos die ingenieurs dit beplan het: Jou woonwa moet onder meer met inloopremm­e toegerus wees, die neusgewig moet die voorgeskre­we maksimumge­wig op die bol wees, en ’n mens moet vinniger as 60 km/h sleep.

Die Touareg se Trailer Assist-stelsel (’n stelsel wat ons onlangs in die Volkswagen Tiguan en Arteon raakgeloop het) sit hand by as jy ’n woonwa in ’n steeg moet terugstoot.

Nóg veranderin­ge

Albei modelle is outomaties, maar Volkswagen het met die gewone ratkierie weggedoen. Die nuwe rathefboom se kop is plat en omtrent so breed soos jou handpalm, maar die basis verander nie van posisie nie; jy druk die kop vorentoe as jy van “Park” af wil oorskakel na “Neutral” of “Reverse”, en terug as jy die ratkas in “Drive” wil sit. Die knoppie regs op die ratkierie druk jy wanneer jy oorskakel, en die knoppie links gebruik jy slegs om hom in “Park” te sit.

Wanneer jy die Touareg in enige van die ratmodusse (behalwe “Neutral”) afskakel, word die ratkas outomaties in “Park” gesit. En as jy die Touareg in “Neutral” afskakel, bly dit vir 30 minute in dié modus waarna dit outomaties terugskake­l na “Park”.

Die Touareg waarmee ons gesleep het, het vier hoogtevers­tellings vir die lugvering – die knop hiervoor is ook in die middelste paneel by die rathefboom. Vir sleep stel Volkswagen die Street-rithoogte voor.

Die Touareg het ook sewe ritmodusse, waaronder Eco, Comfort, Sport en Offroad. As die lugvering byvoorbeel­d op die Streethoog­te en die ritmodusse op Comfort gestel is, sak die vering outomaties wanneer >

’n mens vinniger as 140 km/h ry. As jy dan weer vir langer as 20 s rondom 100 km/h ry, keer dit terug na die oorspronkl­ike verstellin­g.

Volkswagen neem sy Heads-up Display in die nuwe Touareg ’n stap verder. In ander Volkswagen-modelle lig ’n glasskermp­ie digby die ruit voor die bestuurder uit die paneel. Inligting soos die baanbeheer, kruisspoed en gewone spoed word dan teen hierdie glasskerm weerkaats, en jy sien dus die inligting sonder om af te kyk na die instrument­epaneel. In die nuwe Touareg het jy nie die glasskerm nie, maar lees die inligting teen die windskerm self. Selfs die navigasies­tel se aanwysings verskyn hier.

Die stelsel is baie gerieflik en beslis ook veiliger. Dié slim stelsel het wel ’n achilleshi­el: As jy jou donkerbril met gepolarise­erde lense dra, kan jy van die detail op die skerm nie sien nie.

 ??  ?? VOLKSWAGEN TOUAREG 3.0 TDI EXECUTIVE
VOLKSWAGEN TOUAREG 3.0 TDI EXECUTIVE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? MEER BESKEIE, MAAR BETER. Die nuwe Touareg is beter as sy voorganger­s, maar die ontwerp is skoner. Voorheen is die presiese model op die agterkant aangedui, maar op die nuweling staan net die woord “Touareg”.
MEER BESKEIE, MAAR BETER. Die nuwe Touareg is beter as sy voorganger­s, maar die ontwerp is skoner. Voorheen is die presiese model op die agterkant aangedui, maar op die nuweling staan net die woord “Touareg”.
 ??  ??
 ??  ?? VOOR DIE WIND. Die Touareg maak sy stem dik onder sleepvoert­uie, en met die 600 Nm se wringkrag staan jy terug vir geen bergpas nie.
VOOR DIE WIND. Die Touareg maak sy stem dik onder sleepvoert­uie, en met die 600 Nm se wringkrag staan jy terug vir geen bergpas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa