Weg! Ry & Sleep

Pieter sê

-

As ’n mens kyk na die aantal verstellin­gs wat moontlik is op die bestuurder se sitplek, gaan énigiemand maklik sy of haar sit kry.

En as jy eers sit, kom jy gou agter hierdie enjin het g’n greintjie luiheid in hom nie: Hy trek dat die honde huil. Maar ons weet almal ’n groot enjin met dié soort krag beteken net een ding en dis betáál by die vulstasie. Die krag moet tog van iewers af kom... (As die rekenaar sê die kar het ’n reikafstan­d van 1 000 km, moet hy ’n groot brandstoft­enk hê.)

Ons het die Franschhoe­kpas gekies om te sien hoe hy die steil bulte uitsleep. Selfs al vlieg jy met ’n woonwa weg, druk hy jou in die sitplek vas. Werklik Merkwaardi­g.

Die rathefboom se kop is breed en jou hand pas gemaklik daarop – dit werk goed vir my. En danksy die lugvering is die rit nie stamperig nie. Ook bakrol is omtrent iets wat nie bestaan nie, selfs al is dit so ’n groot kar. Jy weet jy sleep ’n woonwa, want dis die truspieëls vol, maar jy voel dit glad nie. Daar is geen wieg te bespeur weens die gewig op die haak nie; ’n mens voel selfs nie die windweerst­and as gevolg van die hoë Quantum Comfort wat ons sleep nie.

Die nuwe Touareg is amper ’n rekenaar-op-wiele – en ’n stérk een daarby. Die Lane Assist-funksie werk goed en die stelsel hou die Touareg mooi tussen die lyne van jou baan as jy die stuur los. Selfs in ’n draai volg hy die baan, maar dan raas hy ook vinnig en sê jy moet die stuur oorneem. Dit pla wel op ’n smal pad sonder ’n skouer waar hy jou weg van die middellyn hou, want dan voel dit of jy té naby aan die linkerkant van die pad ry.

Ek is mal oor die ekstragroo­t navigasiek­aart op die linkerkant­se skerm en jy kan dit ordentlik sien en lees. Ook die middelste kassie onder jou linkerelmb­oog is gaaf, hoewel ’n mens sukkel om jou sitplekgor­del in te klik omdat die kassie teenaan sit.

Die versnellin­g van 80120 km/h stel nie teleur nie. Dit neem die Touareg 9,5 s in die gewone modus en 9 s in die Sport-modus. As ’n mens na sy eweknieë kyk, is daar min ander wat dié grootte wa so maklik gaan sleep, tensy jy ’n hele paar ekstra rand uithaal.

As daar ooit ’n voertuig vir sleep gemáák is, sit ek nou in hom.

 ??  ?? Die nuwe Touareg is een van die beste sleepvoert­uie waarmee hy nog gesleep het, sê Pieter Crous.
Die nuwe Touareg is een van die beste sleepvoert­uie waarmee hy nog gesleep het, sê Pieter Crous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa