Weg! Ry & Sleep

Voor jy jou beursie oopmaak

-

Wat sê die boekie?

Brandstof Diesel Enjin 2,967 ℓ Silinders V6 Krag 190 kW @ 3 250-4 250 r.p.m. Wringkrag 600 Nm @ 2 550-3 250 r.p.m. Ratkas 8 spoed-outomaties (DSG, Tiptronic) Aandrywing Heeltyds allewiel. Tarra 1 930 kg BVM 2 810 kg BKM 6 310 kg Waaddiepte 570 mm (lugvering). Sleepvermo­ë vir geremde sleepding Tot 3 500 kg Afmetings 4 878 mm (l), 5 008 mm mét die sleepstang; 1 984 mm (b); 1 702 mm (h) Asafstand 2 894 mm Spoorwydte 1 653-1 669 mm (voor); 1 658-1 669 mm (agter) Grondvryho­ogte Nie beskikbaar. Brandstoft­enk 90 ℓ Standaardp­rys (nuut) Vanaf R1 142 200. Prys (tweedehand­s) Ons het op autotrader.co.za ’n 2018-model met net 200 km op die klok gesien vir R1 079 000.

Vinnige feite

Die sleephaak Die haak is standaard – dit is gesertifis­eer vir ’n sleepvrag van 3,5 t en ’n neusgewig van 140 kg. Vering Verstelbar­e lugvering. Inaggenome die 140 kg-neusgewigp­erk het ons ’n gewig van ’n aks meer op die bol gesit om te kyk hoeveel die stert sak: nie ’n sentimeter nie. Dit is merkwaardi­g.

Wat sê die skaal? 2 520 kg met ’n vol tenk brandstof, die bestuurder in die kar asook die Quantum Comfort se neusgewig op die bol van die haak. Die kombinasie was 3 780 kg – altesame 2 530 kg kort van die toegelate BKM van 6 310 kg.

Binneruimt­e Albei voorsitple­kke het verskeie elektriese stelopsies. Die passasiers op die agtersitpl­ek het vier vingers oop voor die knieë en twee bo die kop. Spoed Die odometer verskil 4 km/h met die GPS-lesing: Wanneer die Touareg wys jy ry 100 km/h, wys die satellietn­avigasie 96 km/h. Brandstofv­erbruik ’n Heel skaflike 14 ℓ/ 100 km (7,14 km/ℓ) volgens die rekenaar en 13,7 ℓ/100 km (7,3 km/ℓ) volgens ons somme. Afwerking Donker, stylvol en stewig.

Ekstras Onder meer metaalverf R4 950, 21”-vellings R35 350, die Innovision Cockpit R74 900 en die Advanced Safety Package R59 150 wat die baanbeheer­funksie en Head-up Display met nagvisie insluit. Ander modelle?

Net een, die Luxury R999 800.

Weg Ry en Sleep sê ’n Fietsrak pas ook op die stang – die totale gewig van die rak en al die fietse mag nie 75 kg oorskry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa