Weg! Ry & Sleep

Lus vir ’n soetigheid­jie?

-

Hierdie sous word tradisione­el saam met varkvleis voorgesit, maar by skaapvleis of hoender is dit ewe lekker.

Jy benodig

1 eetlepel mielieblom 100 ml bosbessies­ap (cranberry juice) 1 flessie (150 g) bosbessies­ous 3 eetlepels marmelade 3 eetlepels port of rooiwyn 1 eetlepel dijonmoste­rd 1 suurlemoen

Só maak jy

1 Meng die mielieblom met 2 eetlepels bosbessies­ap tot ’n gladde smeer. Roer dit dan in ’n kastrollet­jie by die res van die sap plus die bosbessies­ous, marmelade, port en mosterd. 2 Verhit die mengsel oor louwarm kole en prut dit tot dit begin verdik. Gebruik ’n aartappels­killer om ’n reep suurlemoen­skil te sny. Sit die skil in die potjie en prut die mengsel vir nog ongeveer 10 minute. Roer dit gereeld... en pasop vir aanbrand. 3 Skep die suurlemoen­skil uit die sous en sit dit voor met skyfies warm of koue varkof lamsboud.

Weg Ry & Sleep sê Hierdie sous kan jy by die huis maak en dit in ’n Ziploc-sakkie of flessie vries. Vat dit dan net so bevrore saam kampplek toe. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa