Weg! Ry & Sleep

Mê-ê-ênse, maar dis lekker

-

Rek die lekkerte van ’n lamsboud oor die kole uit tot die volgende dag wanneer jy koue skyfies lam saam met mayonnaise en bosbessies­ous (resep op vorige blad ) op ’n roosterkoe­k eet. Daarom is dit ’n slim plan om die varkboud op bl. 101 én lam gaar te maak, selfs al dink jy ook dis te veel vleis vir die Kerstafel.

Jy benodig

1 lamsboud van 1,5 kg, ontbeen ’n hand vol vars pietersiel­ie, fyngekap ’n klein hand vol vars origanum, fyngekap 1 takkie vars roosmaryn, blaartjies afgestroop en fyngekap 2 takkies ment, fyngekap ½ koppie olyfolie 4 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 3 eetlepels witwynasyn sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Vlek die lamsboud met ’n skerp mes sodat dit plat en min of meer oral ewe dik op die rooster kan lê. As jy twyfel, vra jou slagter. 2 Meng die pietersiel­ie, origanum, roosmaryn en ment saam, en roer dan die olyfolie, knoffel en suurlemoen­skil daarby in. Vryf die vleis oraloor in met die mengsel en sit dit dan in ’n groot bak of plastieksa­k. Drup die suurlemoen­sap en asyn oor en laat die vleis oornag in die yskas marineer óf vries dit om saam te neem kampplek toe.

3 Haal die vleis voor jy dit gaan braai uit die yskas en laat dit eenkant staan om kamertempe­ratuur te bereik. Geur die vleis oraloor met sout en swartpeper.

4 Braai die boud vir 5 minute met die velkant na onder oor warm kole – dit moet mooi bros en goudbruin wees. Draai die boud om en rooster dit vir nog 10 minute (as jy van jou vleis pienk hou – as jy dit gaarder verkies, braai dit vir nog ’n paar minute tot dit gaar is na jou smaak). Haal die vleis van die kole af.

5 Draai die boud in foelie toe en laat dit vir 15 minute eenkant rus voordat jy dit sny – sodoende maak jy seker die vleissap loop nie uit as jy die vleis sny nie. As die vleis plek-plek nog te pienk is vir jou, maak dit weer effens skrik oor die kole.

Weg Ry & Sleep sê As dit nie vir jou moontlik is om vars kruie te gebruik nie, vervang al die groen kruie in die resep met 1 flessie gekoopte pesto.

 ??  ?? Gebraaide lamsboud met ’n kruiemarin­ade
Gebraaide lamsboud met ’n kruiemarin­ade

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa