Weg! Ry & Sleep

Maak ’n kraak

-

In die somer is ’n mens nie altyd lus vir warm groente nie. Probeer gerus hierdie heerlike vars slaai.

Jy benodig

300 g groenbone, gewas en puntjies afgesny 300 g kersietama­ties, middeldeur gesny 2 wiele fetakaas ’n hand vol vars basilie, grofgekap

VIR DIE SLAAISOUS ½ koppie olyfolie 2 eetlepels vars pietersiel­ie (of gebruik 1 eetlepel droë pietersiel­ie) 4 eetlepels appelasyn 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r 2 eetlepels fyngeraspe­rde parmesaan 1 eetlepel heuning

Só maak jy

1 Plons die groenbone in ’n potjie kookwater. Dreineer dit ná 1 minuut en spoel die bone onder lopende koue water af. Sit dit in ’n Tupperware-bak. 2 Meng die bestanddel­e vir die slaaisous saam en gooi dit dadelik oor die groenbone. Sit dit, indien moontlik, vir minstens 1 uur in die yskas voor jy dit voorsit. (Dit sal vir tot 4 dae in die yskas hou.) 3 Roer die kersietama­ties, feta en vars basiliebla­re deur die bone en sit dit voor.

Weg Ry & Sleep sê Brosgebraa­ide spek maak hierdie slaai selfs nóg lekkerder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa