Weg! Ry & Sleep

Afrika-poeding

-

Amarula-vla maak van hierdie poeding ’n wegholwenn­er!

Jy benodig

VIR DIE VANIELJEMU­FFINS 2 koppies bruismeel 1 koppie suiker ’n knippie sout 1 groot eier ½ koppie melk

1/3 koppie sonneblomo­lie 1 eetlepel vanieljege­ursel

VIR DIE AMARULA-VLA 4 eetlepels vlapoeier 3 eetlepels suiker 2 koppies melk ½ koppie Amarula 400 g aarbeie, in skyfies gesny geklopte room om voor te sit

Só maak jy

1 Maak die muffins Verhit die oond tot 180 ºC. Meng die bruismeel, suiker en sout in ’n groot mengbak. Klits die eier, melk, olie en geursel in ’n aparte bak saam en roer dit deur die droë bestanddel­e totdat alles net-net ingemeng is. 2 Verdeel die beslag in die 12 holtes van ’n gesmeerde

www.weg.co.za muffinpan en bak dit vir sowat 10 minute tot gaar. Laat die muffins heeltemal afkoel en draai dit dan styf toe in kleefplast­iek voordat jy dit vries. 3 Maak die Amarula-vla Meng die vlapoeier en suiker met 3-4 eetlepels melk tot dit ’n gladde smeer vorm. Verhit solank die res van die melk in ’n kastrollet­jie tot net onder kookpunt. Meng dan die vla-smeer daarby in en roer dit vinnig totdat dit verdik. Laat die vla vir 2 minute kook. Haal dit van die hitte af en roer die Amarula deur. Sit ’n stuk kleefplast­iek of waspapier bo-op die vla om te keer dat dit ’n vel vorm terwyl dit afkoel. 4 Bou die koekstruif Sny die muffins in skywe en pak ’n laag daarvan in een groot bak of individuel­e glase of blikbekers. Skep ’n laag vla oor, gevolg deur ’n laag aarbeie en ’n laag geklopte room. Herhaal die lae met die res van die bestanddel­e. Hou die koekstruif koel tot dit tyd is om op te skep.

Weg Ry & Sleep sê As jy nie tyd het om die muffins te bak nie, kan jy bloot muffins of onversierd­e kolwyntjie­s koop en dit in skywe sny.

 ??  ?? Groenboont­jieslaai Kampkoekst­ruif met Amarula
Groenboont­jieslaai Kampkoekst­ruif met Amarula

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa