Weg! Ry & Sleep

Waar ry jy rond?

-

Willie Gummow van Port Elizabeh sê

Ons beoog om van die einde van die jaar af in die pad te val en al die wonderlike bestemming­s te sien waaroor ons in Weg Ry & Sleep lees. Met ’n ordentlike GPS sal ons nie per ongeluk ’n verkeerde afdraai neem nie.

Hierdie GPS-toestel is maklik om te gebruik, en danksy sy groot skerm en helder grafieke gaan jy sukkel om die pad byster te raak. Hy het ’n hele reeks katoeters en kom vooraf gelaai met gedetaille­erde kaarte van Suider-Afrika wat jy boonop gratis kan opdateer. Hy help soek vir plekke van belang, hou jou in die regte baan by ’n groot wisselaar, en waarsku selfs as daar ’n verkeerska­mera op jou pad is.

Prys R1 899

Weg Ry & Sleep sê Julle kan julle reise begin beplan, Willie. Met dié Garmin gaan julle nie maklik verdwaal nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa