Weg! Ry & Sleep

Sê die son die stryd aan

-

Hester du Raan van Bloemfonte­in sê

Dit sal darem baie lekker wees as ons só ’n blinkseil kan kry om ons kampwa en tent koel te hou in die warm son.

Die Reflecto-blinkseil van Natural Instincts word van materiaal gemaak wat UV-bestand is – dit beteken natuurlik jy kan sake in die wa of tent aansienlik afkoel. Hy is 5,6 x 4,8 m groot met ’n ogie elke meter langs sy versterkte some af. Dit beteken jy kan hom behoorlik vastrek wanneer ’n rukwind deur die kampterrei­n waai.

Prys R1 419

Weg Ry & Sleep sê Die hitte is nie meer ’n probleem vir julle nie, Hester. Hier is vir julle só ’n blinkseil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa