Weg! Ry & Sleep

Goue oues

Party van ons lesers hou by hulle getroue ou werkesels wat keer op keer die werk gedoen kry, terwyl ander probeer om elke dan en wan op te gradeer.

-

Alles loop altyd reg

1998 TOYOTA PRADO 3.0 KZTE Daar is nie nóg ’n voertuig so bekwaam soos ’n Toyota nie, en hy sal syne net vir ’n ander een verruil, sê Attie Meintjes van Reitz in die Vrystaat.

Ek het my Prado – ons noem hom Big Grey – 11 jaar gelede tweedehand­s gekoop vir R140 000. Ek was op soek na ’n stewige ryding wat sterk genoeg is om te sleep. Ek het na dubbelkaju­itbakkies soos die Toyota Hilux en Isuzu KB gekyk, maar die Prado se prys en gehalte was net te goed om te ignoreer.

Oor die jare het ek ’n besonderse waardering ontwikkel vir hoe gemaklik die Prado ry en hoeveel pakplek daar is. My droomvoert­uig is ’n splinternu­we Prado. Die een ding waaroor ek wel kan kla, is die brandstofv­erbruik. My gemiddelde verbruik het mettertyd gestyg tot in die omgewing van 16,3 ℓ/100 km. Ek moes ook al sy enjin laat oordoen en as ek nou R10 000 gehad het wat rondlê, sou ek hom ’n nuwe laag verf gee.

My vorige ryding was ’n ou Isuzu KB 250D, maar hy het gesukkel om die mas op te kom wanneer ons sleep… en hy het ook nie meer skelm gerook nie.

Ek geniet dit om die kus besoek, en die blomme en berge in die Wes-Kaap het vir my ’n spesiale bekoring. Dis hoekom ons gewoonlik in daardie rigting mik, en ek is eerlik as ek sê ons het nog nie by een swak kampplek gestaan nie. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa