Weg! Ry & Sleep

Sorento se sleepspier­e

-

2008 KIA SORENTO 2.5 CRDI Die Koreaanse handelsnam­e het ’n indrukwekk­ende ommeswaai in die plaaslike mark gemaak, maar Talbot van Rooyen van Pretoria sê sy eerstegesl­ag- Kia Sorento was heel tuis voor sy Jurgens Penta.

Ek het die Kia vyf jaar gelede tweedehand­s gekoop vir R150 000 en hy het geen probleme gegee nie. Ek wou eintlik ’n Ford Ranger gehad het en het dit ernstig oorweeg om een te koop, maar daar het uiteindeli­k niks van daardie plan gekom nie. Intussen het ek vir my ’n BMW X5 aangeskaf. Ek sleep ’n 1995-model Jurgens Penta met ’n Tando-stabilisee­rder teen 120 km/h en die Sorento het my ’n verbruiksy­fer van gemiddeld 12 ℓ/100 km gegee. Sonder die woonwa op die haak was die syfer ’n heel skaflike 8,3 ℓ/100 km.

Omdat ek doof is, kon ek nie regtig enige steurnisse of geraas in die kajuit hoor nie. Vir my moet ’n sportnutsv­oertuig jou in staat stel om enige denkbare kampplek te bereik, en in daardie opsig het die Kia my nie teleurgest­el nie. Ons is lid van die Kamp-Mal-groep op Facebook en het al ’n klomp wenke gekry vir kampplekke in Noordwes en Limpopo waar ons heerlik gekuier het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa