Weg! Ry & Sleep

Koffie (ry) huis

Wanneer hy met Sally, sy koffiewink­el-op-wiele, rondry en mense met lekkernye en kafeïen bederf, is hy op sy gelukkigst­e, sê Derek Harrison van Vishoek.

-

Ek was al ’n onderwyser, toergids, gastehuisb­estuurder, verkoopsma­n, restaurant­eienaar, koffiewink­eleienaar en het selfs ’n natuurbewu­stheidspro­gram vir kinders ontwikkel. Dis dus duidelik dat ek iemand is wat nie daarvan hou om stil te sit nie en ek was gelukkig genoeg om in verskeie beroepsrig­tings sukses te behaal.

Ek was gaande oor die restaurant- en koffiewink­elbedryf, maar die werksure en oorhoofste kostes het my uitgeput en ingeperk. Ek het toe besluit om my ondernemin­g, ZA Café Mobile, op die been te bring omdat ek vir myself ’n leefstyl met pret en avontuur wou skep. Dit moes ’n mobiele eetplek en koffiewink­el wees wat ek ook as bemarkings­voertuig kon gebruik. Die gedagte was dat ek voor byvoorbeel­d ’n haarkapper, ontwerpemp­orium of materiaalw­inkel sal staan, en in ruil vir water en elektrisit­eit bemark ek die ondernemin­g op sosialemed­iakanale soos Facebook, Instagram, Twitter en YouTube.

Ek het Sally sowat drie jaar terug opgespoor en sy was ’n effens hartseer gesig wat aandag nodig gehad het. Met haar enjin het nie veel geskort nie en ek het haar vir R10 000 gekoop. Dis ’n 1974model Volkswagen Jurgens Autovilla – basies die liefdeskin­d van twee SuidAfrika­anse gunsteling­e – die Kombi en ’n Jurgens-woonwa.

Ek het nie baie kapitaal gehad om die ondernemin­g op die been te bring nie; dus het vriende met skrynwerke­rservaring en gereedskap my gehelp om die luik en toonbank te bou. Ek het by vriende ’n espressoma­sjien en koffiemeul geleen en begin handel dryf selfs voor Sally ’n nuwe laag verf gekry het.

Buiten die gebruiklik­e dienste het ek tot dusver nog net R25000 uitgegee op meganiese herstelwer­k en ander opgraderin­gs. Nadat ek 30 000 km met haar gery het, het ek Sally se enjin laat oordoen. Sy het deur al die opgraderin­gs vir haarself betaal met al die koppies koffie wat sy aan Kapenaars verkoop het. Ek sien egter sy begin nou ’n paar roesplekke kry omdat ons langs die see is. Ons het al oral gaan staan – van Melkbosstr­and en Kaappunt tot Franschhoe­k en Wellington, en is ook gereeld in die middestad. Ek is nog lugtig om té ver met haar te ry, want ek is nie heeltemal seker hoe betroubaar sy is oor lang afstande nie. Ons staan ook gereeld van Maandae tot Vrydae in Muizenberg se hoofstraat, op Vrydagaand­e by die Range-mark in Constantia, en dan al om die ander naweek by die Kommetjie-mark. Ons doen ook soms spesiale geleenthed­e soos troues, sportdae, verjaardae en korporatie­we byeenkomst­e.

Ons verkoop americano, espresso, chai latte, rooi cappuccino, mocha en tee, plus dan vegetaries­e roti’s en croissants.

Ek dink nie ek sal opgradeer tot ’n meer moderne voertuig nie. Sally is alles wat ek nodig het, en sy stel my in staat om te fokus op die gemeenskap.

Dis my droom om reg oor Suid-Afrika te reis en vir mense koffie te maak en na hulle stories te luister.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa