Weg! Ry & Sleep

BRIEWE

- RONÉL MOSTERT Centurion >

Ons is op ’n grondpadto­er van 16 dae, en ná vele grondpaaie, baie stof en twee dae in Die Hel bereik ons Barrydale in die WesKaap. Volgende op ons lys is die eetplek Diesel & Crème. Ons swenk links om voor die eetplek te parkeer en ons vriende – wat saam met ons toer – wys met handgebare ons moet dadelik stilhou. Ek kan op hulle gesig sien hier’s groot fout. My vermoedens is in die kol. Ons sleep ’n Camp Master-waentjie met ’n daktent op, en dié tent hang sommer so skeef oor die waentjie.

Die raamwerk waar die tent aan die waentjie se deksel vasbout, het halfpad losgeskeur. Dit moet wees as gevolg van die rowwe grondpaaie en die geskud. Vir ’n oomblik dink ek ons toer het nou tot ’n einde gekom. Hier sit ons met ons hande in die hare, nogal op ’n Saterdag. Maar my man, Marius, en ons vriend Nandes Erasmus gooi nie sommer die handdoek in nie. Nandes gaan klop by die dorp se hotel aan om te hoor of hulle van iemand weet wat kan sweis, en Marius loer met dieselfde missie by Diesel & Crème in. En sowaar, tussen die twee aanklopple­kke kry ons twéé sweisers in die hande. Hennie Witbooi en Dillon Fradie gaan sommer saam-saam ons waentjie herstel. Nadat hulle die skade ondersoek, ry hulle om die nodige gereedskap te gaan haal. Hulle keer terug en so tussendeur die regmaak verduideli­k hulle wat hulle doen. Selfs die onderburge­meester se broer Syster Everson het morele ondersteun­ing kom gee.

Met ’n dankbare hart vertrek ons uit Barrydale om oor die Malgaspont by Struisbaai uit te kom. Ook groot dank aan die eienaar en bestuurder van Diesel & Crème, Arthur Pharo, en sy seun Dean, wat hulle elektrisit­eit vir ons beskikbaar gestel het. Indien jy ooit deur Barrydale sou ry, trek gerus af by hierdie wonderlike oase.

 ??  ?? Marius en Ronél.
Marius en Ronél.
 ??  ?? Hennie, Marius, Dillon en Syster.
Hennie, Marius, Dillon en Syster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa