Weg! Ry & Sleep

DIGITAAL

Het jy al ooit jou kampbure by die oordbestuu­r verkla omdat hulle te veel geraas maak? Hoe is die situasie hanteer?

-

Johan Bornman

As jy musiek wil luister, bly eerder by die huis. Sommige mense mis die punt van kamp en om een te wees met die natuur.

Wilma du Plessis Pietersen

Oorde moet spesifiek wees oor wat “geen musiek” en “sagte musiek” beteken. Wat sag is vir een mens, is nie sag vir die ander nie. Musiek veroorsaak altyd konflik in ’n kampterrei­n.

Gert Munnik

Dit het al twee keer met ons gebeur by Matroosber­g, maar Didi, die bestuurder, en haar span duld nie sulke twak nie.

Elize Coetzee

Sommige mense gaan kamp net om te raas en rumoer. Dis hulle goeie reg, maar doen dit by oorde wat sulke gedrag toelaat. Veral Desemberva­kansies is ’n tyd wanneer die jonger geslag wil jolig raak. Van die kusoorde laat dit toe – gaan geniet dit dus daar.

Amanda Brand

Dit het ons al by die ATKV-Goudini oorgekom. Ons het 12 dae gaan kamp, maar ons nagmerrie het die eerste naweek begin. Ons is na die bestuur toe en het gesê ons wil óf ons geld terughê óf hulle moet ’n plan maak. Dit was nie lank nie toe moet die geraasmake­rs oppak.

 ??  ?? Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa