Weg! Ry & Sleep

NEELS SE STOEPTENT

Dit is in jou beste belang om op die hoogte te bly van enige veranderin­g in die Padverkeer­swet, sê Neels van Heerden.

-

Onlangs lees ek ’n koerantpla­kkaat wat verklaar: “Jy mag nie met plakkies bestuur nie.” Ek beskou myself as ’n wetsgehoor­same burger, maar het ek nog nooit gedink dít is ’n oortreding nie – ek het dan juis die vorige dag sommer kaalvoet in my bakkie gespring om ’n sak hout by die kafee om die hoek te gaan koop.

Later kry ek die berig onder oë, en dit blyk ’n Suid-Afrikaner is ’n stywe boete opgelê omdat hy op die pad tussen Komatipoor­t en Maputo agter die stuur van sy Jeep betrap is met Crocs aan sy voete. Hy het boonop ’n boswa op die haak gehad.

Die berig haal ook vir Dirk Fourie van die Facebook-groep DriveMoz aan wat sê Suid-Afrikaners moet vooraf seker maak dat hulle die Mosambieks­e verkeersre­ëls ken as hulle dié land besoek, want ’n gebrek aan kennis is die oorsaak van die meeste probleme wat besoekers daar ondervind. Mense raak benoud wanneer ’n polisie- of verkeersma­n hulle langs die pad voorkeer. Omdat hulle nie goed genoeg ingelig is nie, aanvaar hulle enigiets wat die beampte vir hulle sê. Dirk meen ook beamptes wat moontlik geneig kan wees tot omkopery, sal twee keer dink as hy besef die toeris is deeglik ingelig.

Sy raad is om ’n lys van al die vasgesteld­e oortreding­s en gepaardgaa­nde boetes saam te neem om te keer dat jy onder valse voorwendse­ls deur korrupte beamptes beboet word.

DIT IS WAAR – dit is inderdaad ’n oortreding om in Mosambiek met plakkies te bestuur. Nugter weet wat die boete gaan wees as jy uitgevang word dat jy kaalvoet sleep...

Gereelde besoekers aan Mosambiek meen ’n mens moet senuwees van staal en baie geduld hê as jy daarheen wil reis. Klein dingetjies maak ’n verskil: Wees hoflik, respekteer die plaaslike mense en haal jou donkerbril af wanneer jy met ’n geregsdien­aar praat. Die belangriks­te is om te sorg dat jy alle padreëls eerbiedig. As jy onseker is oor die spoedperk, ry eerder 60 km/h.

Die voorval met die plakkies het my laat wonder of dit ook op óns paaie onwettig is.

Een van my vriende besit ’n bestuursko­ol in Pretoria en hy bevestig dat die skoeisel aan jou voete nié in die K53 voorgeskry­f word nie. Volgens hom het baie van sy jong kliënte al hulle bestuursto­ets suksesvol afgelê met plakkies aan hulle voete – en selfs ’n paar kaalvoetkl­onge het dit al reggekry. GEPRAAT VAN kennis oor padreëls: Hoeveel van ons weet presies wat die Wysigingsw­etsontwerp op die Administra­tiewe Beregtigin­g van Pad verkeersoo­rtredings( A art o) behels?

Kom ons kyk na hierdie voorbeeld: ’n Padvalk keer jou ná die Desemberva­kansie voor by ’n padblokkad­e naby Pietermari­tzburg in KwaZulu-Natal of by Beaufort-Wes in die Wes-Kaap. Hy vra of jy ’n EB-rybewys het vir die Exclusive wat jy agter jou Hilux sleep.

Jy sê jy het nie ’n EB nie, maar wel ’n EC1, en daarom is die Kaap mos Hollands. Die geregsdien­aar bring jou dan aarde toe en vertel jou dat Aarto die sleep van ’n woonwa met ’n EC1-rybewys onwettig verklaar het en jy ’n stewige boete sal moet betaal. Hy vertel verder dat jy só baie strafpunte gaan kry dat jou rybewys ook sommer opgeskort gaan word.

Wat behoort jy dus te weet voordat jy jou beursie uithaal en ’n onmiddelli­ke boete (dit is nou ’n spot fine) betaal? Eerstens geld Aarto slegs in Johannesbu­rg en Tshwane. Die Wes-Kaapse regering het Aarto juis in September verwerp. Tweedens is die voorgestel­de wetgewing wat dit onwettig sou maak om ’n ligte voertuig met’ n swaar voertuig rybewys te bestuur, in 2011 reeds op ys geplaas en het dit nooit van krag geword nie.

Hou dus jou oë gespits vir kansvatter­s en maak seker jy bly op die hoogte van wat met die Padverkeer­swet aangaan.

Klein dingetjies maak ’n verskil: Wees hoflik, respekteer die plaaslike mense en haal jou donkerbril af wanneer jy met ’n geregsdien­aar praat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa