Weg! Ry & Sleep

RY-INDRUK

Noudat hy onder die vaandel van Isuzu Japan val – en nie meer General Motors nie – het Isuzu Suid-Afrika die legendarie­se KB-bakkie herdoop. Hy heet nou D-Max, nes in die res van die wêreld. Kyle Kock ry ’n draai met hom.

-

Waar kom die naam vandaan? Wel, ons moet die Thaise mark daarvoor bedank. Die 2000-model Isuzu-bakkie is met dié naam daar bekend gestel. Die D was met verwysing na die hoofligte wat soos die oë van ’n draak in die neus gepronk het. Die witjasse het daarna verwys as die “dragon-eye flush headlamp design”. Die letter het ook verwys na die motorverva­ardiger se vaardighei­d wat betref die ontwikkeli­ng van dieselenji­ns met direkte inspuiting. En die “Max”? Dit het verband gehou met die maatskappy se sogenaamde maksimum-benadering tot ontwerp, grootte, betroubaar­heid, gemak en die verskeiden­heid van sy reeks voertuie.

Goed, dis nie die kreatiefst­e naam wat ons nog teëgekom het nie, maar dit is, met SuidAfrika die enigste uitsonderi­ng, sinoniem met die Isuzu-handelsnaa­m. Dit is natuurlik ’n enorme waagstuk om die naam van ’n beproefde en vertroude produk te verander, en daarom het Isuzu moeite gedoen om in ander afdelings die sokkies op te trek. Hy het ook nog ’n paar modelle bekend gestel, wat die algehele reeks nou op 30 voertuie te staan bring.

Ons het die duurste model in die reeks onder hande geneem: die D-Max 300 4x4 LX, ’n dubbelkaju­itbakkie wat met ’n sesspoed- outomaties­e ratkas toegerus is.

Maar hy lyk amper dieselfde?

Dit is omdat hy eintlik presies dieselfde lyk as voorheen. Die ontwerpers het wel genoeg subtiele veranderin­ge aangebring dat ’n mens seker daarna kan verwys as ’n matige ontrimpeli­ng. Dit is die duidelikst­e te bespeur op die LX-modelle.

Voorlangs het die sierrooste­r ’n bietjie meer chroom en die kante is gevorm dat dit amper soos slagtande lyk en vir ’n aggressiew­er voorkoms sorg. Waar die chroomstro­ke voorheen op die binnerand van die misligte se omhulsel was, is dit nou na die buitekant geskuif. Die chroomstro­ok op die boonste lip van die bi-LED-koplig (met LED-dagryligte) is meer opmerklik.

Heelwat nuwer binne

Dis nou maar wors dat jou motor sagte panele moet hê as jy enigsins die pyp wil rook in die boonste deel van ’n marksegmen­t. Dit is presies wat Isuzu met die D-Max gedoen het. Hier is geen onooglike dun plastiekde­le te bespeur nie, en selfs die harder dele voel sterker, asof dit nie vir baie kilometers op grondpad sal skrik nie. Die D-Max-naam word ook met ’n kontraster­ende plaatjie op die boonste paneelkiss­ie vertoon en regdeur die binneruim is die afwerking in smaakvolle swart met chroominle­gwerk.

Nog ’n merkbare verskil is die 8”-raakskerm wat die 6.5”-weergawe in die D-Max se voorganger vervang. As dit egter binne jou vermoë is, kies eerder die 9”-Alpine-inligting-en-vermaakste­lsel. Dit sluit in satellietn­avigasie, ’n AM/FM-radio, Bluetooth en USB-sokke, en selfs ’n plek om ’n HDMI-kabel in te prop.

Padlangs...

Die 3 ℓ-enjin is beslis nie lui nie, en teen 1 400 r.p.m. bult hy behoorlik sy spiere. Hy is wel effens raserig, maar dis iets wat eintlik nog altyd eie aan Isuzu was. Die dieselgera­as is nie regtig hoorbaar as jy op die ooppad ry nie. Ons het ’n handratmod­el ook bestuur en dié ratkas, met sy ellelange ratgange en ’n koppelaar wat traag vasgryp, voel effens oudmodies en stram, >

maar die sesspoedra­tkas in die outomaties­e modelle wissel moeiteloos.

Wanneer jy jou toere hoog moet hou wanneer jy byvoorbeel­d ’n swaar woonwa bult-op sleep, kan jy die rathefboom na jou toe trek om af te rat.

... en grondpadla­ngs

Ons kon in dele van die Krugerwild­tuin gaan ry waar ander voertuie nie toegelaat word nie, en al was ons meestal op grondpaaie, was daar nie veel van ’n uitdaging om die D-Max se veldryverm­oë te toets nie. Ons sal dus nog ’n bietjie moet wag voor ons hom behoorlik onder hande neem. Ons het wel ’n kans gekry om viertrek in te haak (jy doen dit sommer in die ry deur die knop langs die ratkierie te draai).

Laaste sê

Ons roep die KB nie regtig vaarwel nie, want hy het ons nie verlaat nie. Die D-Max is eerder die evolusie van ’n groot gunsteling. Veldry-geesdrifti­ges sal ook bly wees om te hoor Isuzu het met 4x4 Mega World saamgespan en ’n reeks namarkse bybehore goedgekeur. Dit sluit Old Man Emu-vering, ARB-bosbrekers en Front Runner-dakrakke in. Jy kan dit by enige Isuzu-handelaar laat aanbring sonder dat dit jou waarborg raak. En daarvoor salueer ons die D-Max!

Die 3 ℓ-enjin is beslis nie lui nie, en teen 1 400 r.p.m. bult hy behoorlik sy spiere. Hy is wel effens raserig.

 ??  ?? Isuzu D-Max
Isuzu D-Max
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? PLEK VIR ALMAL. Die D-Max is nommerpas vir die hele gesin. Daar is Isofix-ankerpunte op die agtersitpl­ekke en die dubbele paneelkiss­ie is ’n goeie manier om waardevoll­e items weg te bêre. Die enjin jaag nie juis die wêreld aan die brand nie, maar hy is voorspelba­ar en betroubaar. En dít is eienskappe wat in die plaaslike mark hoog op prys gestel word.
PLEK VIR ALMAL. Die D-Max is nommerpas vir die hele gesin. Daar is Isofix-ankerpunte op die agtersitpl­ekke en die dubbele paneelkiss­ie is ’n goeie manier om waardevoll­e items weg te bêre. Die enjin jaag nie juis die wêreld aan die brand nie, maar hy is voorspelba­ar en betroubaar. En dít is eienskappe wat in die plaaslike mark hoog op prys gestel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa