Weg! Ry & Sleep

MY WIELE

Die meeste van die tyd sien jy ’n bakkie of sportnutsv­oertuig voor ’n woonwa ingespan, maar dié twee lesers glo hulle rygoed is ewe tuis in die kampterrei­n.

-

Statige stasiewa

2015 VOLVO XC70 D5 As jy eers een keer met ’n Volvo gery het, sal jy nie maklik weer iets anders bestuur nie, sê Johannes Roux van Roodepoort. Hy het selfs sy ou XC70 vir ’n nuwer model ingeruil.

Ek het my 2009-model Volvo XC70

D5 ’n bietjie meer as vier jaar gelede gekoop, maar toe hy 180 000 km op die klok kry, het ek begin rondsoek na ’n nuwer ryding. Sy vermaakste­lsel was ook ’n bietjie agter die tyd.

Ek het karre soos die Subaru Forester, Land Rover Discovery 4 en die Mazda CX-5 oorweeg, maar ek het eintlik maar altyd geweet die Volvo is voor in die ry wat betref ’n kombinasie van krag, ruimte, betroubaar­heid en veiligheid. Hierdie faktore het basies die besluit vir my geneem en ek het ses maande terug ’n tweedehand­se 2015-model XC70 met dieselfde enjin vir R300 000 gekoop.

Albei motors het my ontsettend beïndruk met hulle gehalte en hoe gemaklik hulle ry. Ek was ewe in my skik met die

diens by Volvo-handelaars. As ek kon, sou ek vir my die nuwe V90 Cross Country of ’n nuwe XC60 aanskaf.

My eie XC70 laat ’n mens selfversek­erd voel op die pad danksy sy krag en gemak, en daar is nie veel wat ek aan hom sal verander nie, behalwe om ’n sleepstang aan te bring. Selfs wanneer hy volgelaai is met drie passasiers en die hele naweek se kamptoerus­ting, is daar min karre wat kan byhou op die ooppad. Dit is kinderspel­etjies om stadiger verkeer met hom verby te steek.

Met my ou XC70 het ek selfs by Waenhuiskr­ans se strand op die sagte sand gery – en dit het omtrent die 4x4bestuur­ders se oë laat rek. Die brandstofv­erbruik styg tot

8,2 ℓ/100 km in die stadsverke­er, maar wanneer ons op die ooppad ry, daal dit soms tot laer as 6 ℓ/100 km.

Met die vorige XC70 het ons tot so ver as Waenhuiskr­ans gery. Ons het nog nie kans gehad om met die nuwe een weg te breek nie, maar ons het die Tanglewood­landgoed by die Boskopdam buite

Potchefstr­oom onlangs besoek. Dis skoon, veilig en nommerpas vir ’n rustige hengelnawe­ek saam met die gesin.

 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa