Weg! Ry & Sleep

IETS ANDERS

Hulle het die wêreld platgery met hulle luukse WJ Pacer-ryhuis. Maar toe haar man siek word, moes hulle effens afgradeer, sê Alta Duvenage van Alberton.

-

Ek en Gert het ál 41 jaar van ons getroude lewe gekamp, en later van tyd het ons met ’n groot WJ Pacer-ryhuis getoer. Dit was heerlik, want hy is op ’n Bedford-trok se onderstel gebou en ’n mens kan jou tyd in die natuur deurbring sonder om te veel van die gerief van die huis agter te laat.

Gert was ook in beheer van die Ryhuisklub van Suid-Afrika se webtuiste en ons het minstens een keer per maand saam met dié mense gekuier. Gert het egter begin siek word en kon later nie meer so ’n groot ryhuis hanteer nie. Ek wou ook nie die ding bestuur nie en ons het na ’n alternatie­f begin soek. Eers het ons met ’n tent gekamp, maar dis nie regtig geskik vir iemand met gesondheid­sprobleme nie en ons het sommer vroeg besluit dit gaan nie werk nie.

Ons het rondgesoek en uiteindeli­k vir ons ’n splinternu­we 2010 Toyota Quantum 2.7-paneelwa, die langasafst­andmodel, aangeskaf. Ons het besluit om soveel as moontlik van die werk self te doen: Gert was in beheer van die houtwerk terwyl ek vir die stoffering en die res van die binneruim verantwoor­delik was. Die rou materiale was glad nie duur nie en ek twyfel of ons meer as R1000 uitgegee het. Waarop ons wel geld bestee het, was die 2000W-omskakelaa­r, ekstra batterye en batterylaa­ier. Ons het ons ys-vries- kas, mikrogolfg­oond, TV-stel en satelliets­kottel hieraan gekoppel. Ons het ook ’n induksiest­oofplaat geïnstalle­er.

Ons het vir die bus ’n Eezi-Awn-stoepdak aangebring en ek het self vir hom sypanele gemaak. Dan het ons ’n radioGPS-Bluetooth-eenheid met terugstoot­kamera geïnstalle­er én die Quantum is met wifi toegerus.

Ek het al gehoor mense kla oor hoe dors hierdie enjin kan wees, maar ons het die Quantum elke jaar laat diens en hy het ons beloon met brandstofv­erbruik van ongeveer 8 ℓ/100 km. Bygesê, hy het maar 20400km op die klok.

Ons het veral daarvan gehou om by Satara in die Kruger te kamp, want die kans is goed dat jy baie diere gaan sien.

Gert is intussen oorlede, en omdat ek 72 jaar oud is, wil ek nie oorde en bestemming­s op my eie besoek nie. Daarom gaan ek die Quantum verkoop. Maar ek is nie klaar gekamp nie; ek gaan steeds saam met vriende en familie, maar nou kamp ek in my betroubare tent.

Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa