Weg! Ry & Sleep

NISSAN NAVARA 2.3 D LE 4x2

Nissan se nuwe Navara 4x2 suig geensins aan die agterspeen wanneer dit kom by sleep nie.

- Teks en foto’s Leon Botha

Nissan het sy Navara-reeks met vier 4x2-modelle uitgebrei, en al sewe in die reeks, waaronder die drie 4x4modelle, het presies dieselfde 2,3 ℓ-dieselenji­n. Die sewe bakkies skop dus almal dieselfde krag uit (140 kW en 450 Nm), maar die ooreenkoms­te strek nog verder: Die bruto voertuig massa( B VM) en bruto kombinasie massa( B KM) is ook dieselfde: onderskeid­elik 2 910 kg en 5 910 kg.

Met dié syfers beteken dit al hierdie ouens mag ’n woonwa van tot 3 t sleep. Daar is nie sulke swaar woonwaens op ons paaie nie, maar Nissan gaan selfs verder en sê die Navara het die vermoë om ’n vrag van tot 3,5 t te sleep. Daar is uiteraard ’n verskil tussen die vermoë van die Navara en wat jy volgens die wet kan haak. Ons wetgewing laat jou toe om dieselfde gewig as jou sleepvoert­uig se tarragewig te haak; dus word jy in die Navara 4x2-modelle beperk tot 1 805 kg.

Bul van ’n stang

’n Mens verwag ’n stewige sleepstang aan ’n bakkie, en die een op die toetsvoert­uig stel nie teleur nie. Trouens, omdat bakkies hoofsaakli­k ’n leerraamon­derstel het, is die hegplek van só ’n aard dat jy ’n ordentlike stuk staal aan die onderstel kan vasbout.

Die Navara se Oris-stang is gesertifis­eer vir 2 910 kg, maar dit is veel swaarder as die wettige perk. Dieselfde geld vir die toegelate neusgewig op die stang. Vir die stang se vertikale beperking mag die wa se neusgewig nie 150 kg oorskry nie, maar die owerhede beperk jou tot 100 kg.

’n Mens kan sê die 100 kg-perk van ons Padverkeer­swet is onvanpas vir die soort sleepvoert­uie en woonwaens waarmee Suid- >

Afrikaners sleep. Ons wetgewing stem ooreen met die Europese model, terwyl plaaslike toestande waarskynli­k beter vergelyk met ’n land soos Australië s’n. Vir dieselfde Navara-modelle wat Australië toe gaan, laat Nissan byvoorbeel­d ’n neusgewig van minder as 10% van die totale gewig van die sleepding toe. As ’n mens kyk na die Jurgens Xplorer Xcell wat ons vir die toets gebruik het, is sy maksimum toegelate gewig volgens Jurgens 1 650 kg. In Australië het jy vir dié neusgewig dus grasie tot net minder as 165 kg (10% van 1 650 kg).

As ’n mens dus na die syfers van Nissan en die stang kyk, beteken dit net een ding: Die Navara én die stang is so sterk soos ’n os.

Dié model het ook, soos die 4x4, ’n lig by die harnassok. Hierdie lig skakel aan wanneer ’n mens die Navara met die afstandbeh­eer oop- of toesluit. Die lig skyn vir sowat ’n minuut grond se kant toe en kom baie handig te pas as jy in die stikdonker die wa moet haak.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand...

Trukameras is vandag van groot hulp, veral vir slepers, en die meeste vervaardig­ers het

hulle eie weergawe van dié stukkie tegnologie. Omdat navigasies­telsels omtrent standaard is in nuwe voertuie, word die skerm daarvoor ook vir die trukamera gebruik. Die 4x2-model se trubeeld verskyn egter in die spieëltjie.

Wanneer jy dus die Navara in trurat sit, verskyn die beeld links in die truspieël, net-net groter as ’n vuurhoutji­eboksie. Die beeld het indekslyne waarmee jy kan korrel soos jy die stuur draai, maar Nissan het ook die nuutste tegnologie ingebou: Onder elke syspieël is ’n kameralens ingebou, én daar’s een in die sierrooste­r en natuurlik een in die agterklap. Met dié vier lense kry jy ’n goeie geheelbeel­d van wat om die bakkie aangaan.

Jy kan ook die kamerabeel­d aktiveer sonder om die Navara in trurat te sit. Op die onderste rand van die truspieël is ’n “Camera”knoppie in die middel. As jy dié knoppie een keer druk, kry jy ’n gekombinee­rde beeld. Links gee ’n beeld reg rondom van bo af, en >

die regterbeel­d wys wat voor die sierrooste­r aangaan. As jy die knoppie weer druk, vervang ’n beeld na die grond by die linkervoor­wiel die bo-aansig.

Die Navara se rekenaar weet egter nie wanneer jy ’n woonwa haak nie. Die trusensors sit dadelik ’n keel op wanneer jy terugstoot en reken jy gaan teen die gehaakte woonwa vasstoot. Gelukkig is daar ’n knoppie voor die rathefboom waarmee jy die alarm kan stilmaak. Sodra jy egter weer aan die gang kom – of selfs die kar af- en aanskakel – moet jy wéér die knoppie druk.

 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KATOETERS. Die aansitskak­elaar is ’n luukse, asook die middelste ruitjie agter wat elektries oopmaak. Die kameralens sit nie in die middel van die klap nie, wat beteken die bol op die trubeeld sit ook nie in die middel nie. Die enjinkap word deur ’n opswaailat oopgehou.
KATOETERS. Die aansitskak­elaar is ’n luukse, asook die middelste ruitjie agter wat elektries oopmaak. Die kameralens sit nie in die middel van die klap nie, wat beteken die bol op die trubeeld sit ook nie in die middel nie. Die enjinkap word deur ’n opswaailat oopgehou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SKERMSAKE. Die raakskerm in die middelpane­el is nie bedoel vir die trukamera nie, maar vir onder meer die navigasies­telsel, radio en DVD-speler.
SKERMSAKE. Die raakskerm in die middelpane­el is nie bedoel vir die trukamera nie, maar vir onder meer die navigasies­telsel, radio en DVD-speler.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa