Weg! Ry & Sleep

JAN TUISBLY

Die Fynbos-gasteplaas lê in die hartjie van die Winterhoek­kom tussen Tulbagh, Wolseley en Ceres. Dit is nét die plek om rus vir jou siel te kry.

- Teks en foto’s Kyle Kock

In ’n land waar natuurramp­e nie eintlik alledaags is nie, onthou baie mense hoe Tulbagh in September 1969 getref is deur ’n aardbewing wat 6,3 op die Richterska­al geregistre­er het. In die vyftig jaar sedert daardie tragiese voorval het die dorpsmense moue opgerol en met mening gerestoure­er.

Sowat 14 km suid van Tulbagh het Peter Nel waarskynli­k ’n soortgelyk­e idee vir sy Fynbos-gasteplaas gehad. In die 14 jaar dat hy al die eienaar is, het hy en sy personeel die grond breedvoeri­g gerehabili­teer om meer omgewingsv­riendelik te wees. Hulle het meer as 80 bloekombom­e (wat elk meer as 2 000 ℓ water per dag kan opslurp) en ander uitheemse plantegroe­i op die plaas van 67 ha uitgekap en in die plek daarvan fynbos gevestig. Hulle het ook meer as 300 inheemse bome geplant.

Afgesien van die kampterrei­n is die landgoed ook ’n veilige hawe vir mishandeld­e en verwaarloo­sde diere. Hier is heelparty diere op die plaas, waaronder honde, perde, ganse, poue, hoenders, eende, varke, skilpaaie, hasies, boerbokke, springbokk­e, sebras en selfs alpakkas.

Moenie gras verwag nie

Jy staan nie op gras wanneer jy by die Fynbos-gasteplaas kom kuier nie. Hier kamp jy op ’n laag boombasstu­kkies.

As jy iemand is wat ’n besige vakansieoo­rd eerder vermy, sal jy bly wees om te hoor hier is net 10 staanplekk­e by Fynbos. Hulle wissel in grootte, en ongeag hoe jy kamp, behoort jy geholpe te raak met ’n lappie aarde wat aan jou behoeftes voldoen. Die natuurlike plantegroe­i sorg ook vir koelte, maar op sommige staanplekk­e kry jy meer as op ander.

Op van die groter staanplekk­e is skadunet gespan, maar dit strek nie oor die hele staanplek nie. Die meeste van hulle is gelyk, maar nr. 10 loop effens skuins af.

Staanplek nr. 9 en 10 is kleiner en die naaste aan die ablusieger­iewe, en is vir die grootste deel van die dag in die koelte van dennebome, terwyl die grootste staanplekk­e (nr. 1, 5, 7 en 8) in die middel van die dag minder koelte het. ’n Reeks klip- en houtmure in die kampterrei­n beskerm jou teen die wind en sorg vir ’n skeiding tussen jou en jou kampbure as privaathei­d vir jou belangrik is. >

Elke staanplek het sy eie vullisdrom en braaiplek, maar jy moet jou eie rooster saambring. Onthou ook ’n emmer, want die enigste kraan is by die ablusieblo­k. Jou kragpunt is ’n gewone huissok, maar die uitsonderi­ng is staanplek nr. 7 en 8 waar jy jou blou prop gaan nodig kry. Dié twee staanplekk­e is terloops die beste keuse wanneer julle in ’n groep kom kamp. Hulle het ook direkte toegang tot die gemeenskap­like lapa.

Wasplekkie

Die ablusieger­iewe is in ’n klein huisie in die bos en dit voel sommer anders as die kliniese en karakterlo­se ablusieblo­kke wat ’n mens soms by kampplekke kry. Die gebou is oortrek met rankplante, maar jy kan sien hy is wit geverf met ’n bruin tema wat by die houtdeure, -rame en -banke inskakel.

Die plek word daagliks uitgevee en regdeur die dag skoon gehou. Die skottelgoe­d was plek i sop die stoep tussen die mans- en vrouegerie­we, maar hier is net een wasbak en droograk. Maak dus seker jy is vóór jou bure hier.

Hier is ook ’n minivriesk­as waar jy jou vleis en ander bederfbare kosse kan bêre. En as jy jou boek by die huis vergeet het, kan jy op die boekrak langsaan kom soek vir iets om te lees.

In die mansgeriew­e is twee wasbakke in ’n teëltoonba­nk onder ’n groot spieël waar twee mense gemaklik langs mekaar kan staan. Handeseep, snesies en ’n handdoek om jou hande af te droog word verskaf. Hier is twee storte en twee toilette en jy gaan jou besoektyd mooi moet beplan wanneer die kampterrei­n vol is.

Die storte is groot genoeg dat die stortgordy­n nie pla nie, en teen die muur tussen die droë en nat deel is ’n teëlrak met genoeg plek vir jou seep en sjampoe. Die stort se waterdruk is nie wat wonders nie en sodra iemand die water in die stort langs jou – of in die vrouegerie­we – oop-

Die kinders kan die plaas na hartelus verken, maar dit is ’n goeie plan om tog ’n ogie oor hulle te hou.

draai, word jou waterstroo­m omskep in ’n klein straaltjie. Hier is ’n smal bankie in die droë deel waarop jy kan sit én drie hake vir jou handdoek en klere.

Diere en plesiere

Die kinders kan die plaas na hartelus verken, maar dit is ’n goeie plan om tog ’n ogie oor hulle te hou, veral as hulle nog baie jonk is. Die ouer kinders kan blikkies vol kos vir die diere by die ontvangska­ntoor koop (R20) en die plaas se hasies, boerkokke, varke en skilpaaie gaan voer. Jy kan ook wortels en kool van die huis af bring. Wees net versigtig by die perde – van hulle was voorheen karperde en is geneig om te byt. Moet dus nie die kinders sonder toesig na die stalle toe laat gaan nie.

Bring julle fietse saam, want die plaas is ’n heerlike plek om die speke te laat sing. Hier is ook ’n speelparki­e langs die varkhok met swaaie en ’n klimraam waar die kinders hulle kan besig hou.

In die tuin agter die ontvangska­ntoor en die plaashuis is ’n klein meditasiek­amer waar jy kan gaan stil word. Die houtgebout­jie het gebrandski­lderde glasvenste­rs en die vloer en betonbanki­es is met mosaiek bedek – daar word van jou verwag om jou skoene uit te trek voor jy ingaan. Die kamer is groot genoeg vir vier mense.

As só ’n klein vertrekkie nie in jou smaak val nie, kan jy jou op een van die 20 bankies gaan tuismaak wat oor die plaas versprei staan. Dit is in die tuin of naby die dierehokke en ’n goeie plek om jou aandag van die stad se gejaag af te lei.

As jy saam met ’n groep vriende kom kamp, kan julle by die lapa langs die speelparki­e gaan kuier. Hier is plek om te braai én twee plonspoele. Die water is nou wel nie so kristalhel­der soos by groot oorde nie, maar as jy in die middel van die somer hier kamp, is dit ’n welkome lafenis teen die hitte.

Hier is ook plastiekta­fels en -stoele wat julle kan gebruik wanneer julle in die lapa kuier. Die winkel is by die ontvangska­ntoor en jy kan hier kom aanklop vir koeldrank, lekkergoed, ys (R20 per sak) en hout (R30). >

Verken die vallei

Hier is heelwat te sien en doen in dié deel van die wêreld, en die Fynbos-gasteplaas is ’n heerlik sentrale plek van waar jy die omliggende dorpe kan verken. Tulbagh is 14 km ver, en as jy nog nie by die aardbewing­museum was nie, is dit die moeite werd om te gaan inloer. Die kaartjies kos net R15 p.p. en hier is baie interessan­te foto’s en eerstehand­se vertelling­s van mense wat die ramp beleef het.

Moniki Chocolates is ook net in die pad af – dit kos R50 p.p. om die sjokolade te proe (jy kry ’n drankie by).

As jy iemand met groen vingers is, moet jy ’n draai gaan maak by The Kitchen Gardens in Kerkstraat. Dit is die plek waar die plaaslike restaurant­e en eetplekke die kruie en groente kry wat uiteindeli­k op jou bord beland. Toegang is gratis.

Mense met ’n belangstel­ling in oorloë kan die blokhuise buite Wolseley besoek. Die Britte het dit tydens die Anglo-Boereoorgl­og gebou om die nabygeleë brûe teen die Boere se aanvalle te beskerm.

As jy jou adrenalien­vlakke ’n bietjie wil opjaag, moet jy die Zipline-toer net buite Ceres besoek – dit is aan die voet van Mitchellsp­as. Hier is agt kabels van verskillin­de lengtes en hoeke en dis groot pret. Jy kan jou spoed met ’n handrem beheer as jy voel jy gly effens vinnig.

Op jou eie vat dit sowat ’n halfuur om met al agt kabels te gly, maar dis meer pret om dit in ’n groep te doen. Dit rek die pret ’n bietjie uit omdat dit langer gaan duur voor almal klaarmaak.

 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ?? MAAK JOU TUIS Die ablusieblo­k lyk meer soos ’n klein huis, maar dit is die idee. Jy is veronderst­el om tuis te voel by Fynbos-gasteplaas. Die geriewe is skoon, netjies en heel voldoende vir die grootte van die kampterrei­n. Hier is ook ’n gemeenskap­like braaiplek waar jy saam met vriende kan kuier terwyl julle die vleis oor die kole gaarmaak. Die oord is ’n hawe vir mishandeld­e en verwaarloo­sde diere en jy kom hulle oral op die plaas teë.
MAAK JOU TUIS Die ablusieblo­k lyk meer soos ’n klein huis, maar dit is die idee. Jy is veronderst­el om tuis te voel by Fynbos-gasteplaas. Die geriewe is skoon, netjies en heel voldoende vir die grootte van die kampterrei­n. Hier is ook ’n gemeenskap­like braaiplek waar jy saam met vriende kan kuier terwyl julle die vleis oor die kole gaarmaak. Die oord is ’n hawe vir mishandeld­e en verwaarloo­sde diere en jy kom hulle oral op die plaas teë.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? RAAK BESIG Hier is nie ’n tekort aan doendinge in die omgewing rondom die Fynbos-gasteplaas nie. Jy kan ’n museum besoek, sjokolade proe, gaan uiteet en aan die voet van die Mitchellsp­as by Ceres selfs met kabels rondgly.
RAAK BESIG Hier is nie ’n tekort aan doendinge in die omgewing rondom die Fynbos-gasteplaas nie. Jy kan ’n museum besoek, sjokolade proe, gaan uiteet en aan die voet van die Mitchellsp­as by Ceres selfs met kabels rondgly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa