Weg! Ry & Sleep

MY PLEKKIE

Die kusdorpie Gouritz het die harte gesteel van Josef en Johanna Tolmay van Drie Riviere. Dit is nou nadat hulle onlangs die Gouritsmon­dwoonwapar­k besoek het.

-

Nadat ons by Die Punt-woonwapark op Mosselbaai gekamp het, het ons wes gery en halfpad tussen Mosselbaai en Albertinia opgeëindig. By dié munisipale kampterrei­n is jy sowat 500 m van die see en die getypoele af.

Hoe lyk dit by die kampterrei­n?

Hier is 130 afgebakend­e staanplekk­e en jy slaan jou kamp op groen gras op. Elke staanplek het sy eie vullisdrom wat drie keer per week skoongemaa­k word, en jy kry ’n kragpunt waarvoor jy jou blou sok moet saambring. Jy kry ook jou baksteenbr­aaiplek, maar jy moet jou eie rooster saambring. Die naaste kraan is nie verder as 15 m weg nie; dus is dit maklik om koffiewate­r te tap.

Hier is heelwat bome in die kampterrei­n wat vir wisselende vlakke van koelte sorg, maar van die boompies is onlangs eers geplant en dit gaan nog ’n rukkie wees voor hulle genoeg skaduwee gooi. Hier is heelwat geveerdes wat jy met jou verkyker kan bespied en dis ook nie ’n ongewone gesig om tarentale tussen die tente te sien nie.

Was julle tevrede met die ablusieger­iewe?

Die groot ablusieblo­k word elke dag van die week skoongemaa­k en is netjies en oor die algemeen in ’n heel aanvaarbar­e toestand. Vir die mans is hier ses wasbakke met handseepho­uers, papierhand­doeke en lugdroërs. Die badkamers het nie proppe nie, en hier is vyf storte met hake vir jou klere. Twee van die storte het glasdeure. Jy moet ook jou eie witgoud saambring.

Vat ’n prop wanneer jy gaan skottelgoe­d was, want die wasbakke het nie proppe nie. Hier is ook ’n waskamer.

Waarmee hou ’n mens jou besig?

Dis ’n gewilde visvangple­k en ’n mens sien heelwat hengelaars wat kom lyn ingooi. Hier is ’n jukskeibaa­n langs die woonwapark – iets wat ’n mens nie aldag sien nie. Vir stappers is hier vier roetes in die omgewing wat wissel van 1,6 km tot 8 km. Dit word regdeur die jaar onderhou en is relatief veilig danksy die gebied se lae misdaadsyf­er.

Die dorp se biblioteek is ’n lekker bederf vir boekwurms en dis sommer stapafstan­d van die kampterrei­n af. Hier is ook ’n restaurant en drankwinke­l by die ingang na die woonwapark as jy lus voel vir iets te drinke of wil aansit vir ’n bord kos wat iemand anders ’n slag gaargemaak het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEELWAT TE DOEN. Die omgewing is gewild onder hengelaars, maar hier is ook ’n klompie staproetes wat jy kan aandurf.
HEELWAT TE DOEN. Die omgewing is gewild onder hengelaars, maar hier is ook ’n klompie staproetes wat jy kan aandurf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa