Weg! Ry & Sleep

KAMP & KATROL

As jy jou vlieghenge­ltegniek ’n bietjie wil slyp, is dit tyd om jou trommel en tent vir die skoon waters van Underberg in KwaZulu-Natal te pak.

- VISVANGOOR­D

SILVERSTRE­AMS-WOONWAPARK G’n grensgeval

Dié kampplek in die Drakensber­g lê weggesteek feitlik teen die Boesmans nek grenspos na Lesotho. Dis nie moeilik om ’n puik kampplek te bedryf as jy sit met groot staanplekk­e op gras, langs ’n kristalhel­der rivier met ’n prentjiemo­oi agtergrond nie. Voeg nou daarby ’n winkeltjie waar jy elke dag vars vleis, vrugte, eiers, sjokolade en rakmelk kan koop en jy het ’n juweel soos Silverstre­ams.

Die pad na die kampterrei­n van die kantoor af neem jou oor ’n smal betonbrugg­ie oor die vlak Ngwangwane­rivier.

Jy kan twee soorte forel hier vang: die reënboogfo­rel of die bruinforel, maar vir laasgenoem­de moet jy nie net Job se geduld hê nie, maar ook ’n goeie dosis vernuf én geluk.

Hier is agt staanplekk­e (op gras) langs die rivier en nog 24 nader aan die badkamers in die middel van die kamp, elk met ’n driepuntkr­agpunt. Party staanplekk­e het ’n eie braai (met ’n rooster), maar krane is skaars. En as jy koelte soek, moet jy maar die gazebo of strandsamb­reel saambring, want koeltebome is nie volop nie. Daar is darem ’n speletjies­kamer vir die kinders as dit te warm word vir balskop of krieket teen die maats.

 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa