Weg! Ry & Sleep

KAMPBESTEM­MING

Die Bosveld wemel van ordentlike kampplekke, en nêrens is dié streek gewilder as die wêreld rondom Bela-Bela nie.

- Teks en foto’s Schalk Jonker

Niemand het veel van ’n uitnodigin­g nodig om in die Bosveld te gaan kamp nie. Min dinge klop ’n hardekoolk­ampvuur wat hoog brand terwyl die son agter die horison verdwyn. Sommige mense verwys daarna as Bosveld-TV, só salig is dit. As jy egter jou kinders se mening vra, sal jy hoor hulle stel aansienlik minder in die Bosveld-TV belang en verkies veel eerder om sonder ophou op waterwurms en in warmwaters­wembaddens te baljaar. Hier by Bela-Bela behoort julle almal geholpe te raak.

ATKV-KLEIN-KARIBA Gaaf en gewild

Hierdie bekende ATKV-oord is een van dié gewildste kampbestem­mings in Suid-Afrika, en dis nie moeilik om te sien hoekom soveel mense hierheen stroom nie. Dit is ’n raps meer as ’n uur se ry van Pretoria af en die versinnebe­elding van gesinsverm­aak. Hier kry jy doendinge te kus en te keur, vir almal, ongeag hoe oud hulle is.

Tussen die warm- en kouewaters­wembaddens, waterwurm, minigholf, wildritte, staproetes, kortysterg­holfbaan, perdry, verfbalbaa­n en trapbootji­es op die dam (waar jy ook kan hengel) is hier geen verskoning vir enigiemand in jou geselskap om te kla hulle is verveeld nie.

Klein-Kariba is op ’n wildplaas van digby >

600ha en lê minder as 10km van BelaBela af op die Modimollep­ad. Jy draai links by die hek in en handel die papierwerk in die bedrywige ontvangska­ntoor af waar jy ook jou vooraftoeg­ekende staanplekn­ommer kry.

Die woonwapark lê in ’n lang strook regs van die spruitjie wat in Maart 2014 sy walle oorstroom en grootskaal­se verwoestin­g gesaai het. Die ramp het meer as R50miljoen se skade aangerig en ook twee lewens geëis, maar die oordmense het sedertdien die terrein heeltemal herstel.

Die staanplekk­e lê weerskante van die pad wat deur die kampterrei­n loop, met dié aan die regterkant van die pad wat oorwegend groter is as dié aan die linkerkant. Van die staanplekk­e links is ook in twee verdeel, maar hulle word meestal aan tentbewone­rs toegeken.

Hier is nie gras om oor huis toe te skryf nie, maar elke staanplek het ’n plaveiblad waarop jy jou wa trek. ’n Mens kan sien die bome – waaronder raasblaar, doring en karee – is nie gister geplant nie; op die meeste kampkolle het jy êrens deur die loop van die dag koelte. Sommige van die staanplekk­e het ook groot skadunette oorgespan en daar is selfs ’n rioolkoppe­ling.

Jy hou skaars stil of die oord se werkers is daar om hand by te sit met jou opslanery. Jou bloupropkr­agpunt gaan dalk ’n entjie van jou staanplek af wees, wat beteken jy moet liefs maar ’n verlengkoo­rd saambring. Jy kry ’n losstaande staalbraai­er met ’n rooster wat jy kan skuif waar jy hom wil hê, en jy deel ’n vullisdrom met jou bure.

Gepraat van bure… as dit by privaathei­d kom, is hier nie veel skeiding tussen die staanplekk­e nie en julle is bewus van mekaar se doen en late.

As jy egter die kort lootjie trek en langs die agt manne kamp wat Franna se ramparty oor ’n kampnaweek kom vier, is die sekerheids­personeel streng en word enige oordrewe geraas of musiek gou in die kiem gesmoor.

Onthou die kinders se fietse. Hulle kan na hartelus rondry, maar die kampterrei­n is ook ’n entjie van die speelplek en swembadden­s af.

Hou jou tent toe en jou kos dig weggebêre wanneer jy nie by jou staanplek is nie. Hier is blouapies wat nogal ’n oorlas kan wees en hier stap die heeltyd ’n man met ’n verfbalgew­eer rond om hulle te verjaag. Weerstaan tog die versoeking om die apies self met ’n kettie die stryd aan te sê. Die oordreëls verbied dit en jy kan op die rooi tapyt beland.

Die swembadged­eelte is die grootste attraksie hier en dis ook waar jou kinders – én jy – die meeste van julle tyd gaan deurbring.

Doen ’n ding

Die swembadged­eelte is die grootste attraksie hier en dis ook waar jou kinders – én jy – die meeste van julle tyd gaan deurbring. Dis ’n goeie 500 m se stap van die kampterrei­n af tot by die eerste warmwaters­wembad en jy stap verby dié teen ’n bult op tot by die groot warmwa- terswembad wat die middelpunt van die aksie is. Hier is ’n groot grasperk om die swembad met heerlike koeltebome waar jy jou kan kom tuismaak terwyl die kinders swem.

Langsaan is die kleintjies se swemplek. Dié het ’n skadunet oor én sy eie glyplank, en aan die ander kant van die groot swembad is die onderwater­swemplek waar die water selfs warmer is. Julle mag nie hier met ’n bal kom speel of bommies in die water maak nie.

Die waterwurm en minigholfb­aan is ’n entjie verder teen die bult op.

Die ingang na die oordwinkel is aan die ander kant van die onderdaksw­embad. Dit is presies wat jy van ’n ATKV-oordwinkel verwag en jy kan hier enigiets van bevrore vleis tot hout en hardehout en selfs tydskrifte en sonroom koop. Hier is ’n kitsbank en kaartgerie­we.

Die speletjies­kamer is langs die winkel en die kinders kan mekaar hier op die pool-tafel kom uitdaag of videospele­tjies en tafelsokke­r speel.

Die restaurant, Koswerf, is ook in dié deel van die oord en julle kan hier kom aansit vir ontbyt, middag- of aandete. Die winkel en restaurant is albei oorgedoen ná 2014 se vloedskade.

As jy jou hengelgere­i saamgebrin­g het, kan jy jou lyn in die dam aan die ander >

kant van die kampterrei­n natmaak. Jy kan onder meer ’n swartbaars aan jou hoek kry, maar jy moet hom teruggooi nadat jy jou foto geneem het. Hier is ook trapbootji­es te huur.

Kranige gholfspele­rs kan hulle stokke saambring en op die kortysterg­holfbaan aan hulle kortspel kom skaaf, of jy kan die wêreld op ’n quadfiets verken of ’n wildrit geniet. Reël dit met die oordmense.

Hier is ’n goeie vyf staproetes in en om die oord wat wissel van ’n halfuur se rustige stap tot een wat jou vir langer as drie uur kan besig hou.

Skroppensb­oer

Hier is twee moderne ablusieblo­kke in die kampterrei­n met min of meer dieselfde geriewe, en dit word deurgaans skoongehou. Die eerste een is in die middel van die onderste deel van die woonwapark en die tweede ’n entjie hoër op. In die mansgeriew­e is vier wasbakke en ’n laer een waar Kleinjan sy tande kan borsel en kuif kan kam. By die wasbakke is seep en papierhand­doek. Hier is vyf toilette en drie urinale (én ’n laer een sodat die kleintjies nie op hulle tone hoef te staan nie). Die ses storthokki­es is nogal smal en ’n mens moet jou draai ken, maar hier is altyd ’n man met ’n dweil om die vloer droog te hou. ’n Glasdeur skei die nat en droë deel en hier is drie hake agter die deur vir jou handdoek en klere.

Vir die vroue is hier sewe toilette, vier wasbakke (en een vir die kinders), vier storte, ’n spieël met ’n aparte wasbak en twee driepuntpr­oppe. Én dan is hier ’n gesinsbadk­amer met ’n bad, stort, toilet en tafel, plus ’n badkamer vir rolstoele.

Die twee opwasplekk­e is buite die ablusieblo­k en het elk twee dubbelwasb­akke en ’n spesiale wasbak waar jy jou potjie en ontbytpan was. Hier is ook ’n klerewasba­k, outomaties­e wasmasjien en tuimeldroë­r, en ’n plek om jou kassettoil­et uit te spoel.

Agter elke ablusieblo­k staan vier vullisdrom­me in verskillen­de kleure waar jy jou rommel kan skei vir herwinning.

’n Warmwaterp­ark FOREVER WARMBAD

Om die omvang van Forever Warmbad te verstaan moet ’n mens eers hier ’n draai maak. Dit is, in een woord, reusagtig.

En dis gewild. Onder kampeerder­s, chalet- en hotelbewon­ers – én dagbesoeke­rs. In die besige tye bars die oord uit sy nate en dit is beslis nie ’n plek waarheen jy kom as jy op soek is na rus en vrede nie. Dit het ons sommer met die intrapslag besef. Mense kom hierheen om dit gate uit te geniet en met al drie ons kampbure het dit ingesluit musiek wat van vroegoggen­d tot laat snags blêr. En soos die noodlot dit wou hê, het niemand se musiek regtig in ons smaak geval nie. Hoeveel keer wil daai vrou sing oor haar “umbrella, ella, ella?”

Maar goed, soos ons reeds genoem het, kom soek jy nie stilte hier nie. Nee, jy bring jou kinders om in die magdom waterverma­ak te kom baljaar, en bederf jouself sommer ook deur jou stywe nek in die hidro se warm water te lawe.

Jou kinders gaan baie bly wees as julle hier kom kamp, want hier is amper nie einde aan die doendinge nie. Die kans is goed jy gaan hulle net sien wanneer hulle honger is of roomysgeld kom bedel.

Net die waterpark het genoeg om drie van hierdie blaaie vol te skryf: Twee reusewater­wurms, glybane, ’n swembad met golwe – kompleet soos Sun City se Valley of the Waves – groot swembadden­s met hulle eie borrelbadd­ens, ’n swem- en speelplek vir die kleintjies, knortjorre, quadfietse, ’n plek waar jy met hulp van ’n kabel waterski, en ’n enorme foefieslaa­id. Noem dit maar op en dit is hier. Hier is selfs ’n Spur waar jy kan kom aansit as jy nie een van die ouens is wat dié restaurant­groep boikot nie.

Kry jou kampkol

Die woonwapark met sy meer as 200 staanplekk­e is in twee verdeel: die deel regs het ses ablusieblo­kke en links is twee. Aan dié kant is die handjie vol private staanplekk­e waar jy ’n plaveiblad en ’n ry kniehoogte paaltjies tussen jou en jou kampbure kry.

Die res van die staanplekk­e is genommer, maar nie juis afgebaken nie; dus moet jy mooi kyk vir die denkbeeldi­ge >

lyn tussen waar jou staanplek eindig en jou buurman s’n begin. Die staanplekk­e is almal min of meer dieselfde wat grootte betref en op elkeen is genoeg plek vir ’n dubbelaswa, sy voltent én ’n stoeptent. Die oordmense staan ook gereed om jou te help opslaan (teen ’n tarief).

Hier is baie bome en die kans is goed jy gaan ’n koeltekol kry, maar dit is nie altyd gewaarborg nie, wat beteken jy kan maar jou blinkseil saambring. Jy kamp dalk op grond – onthou dus ook jou grondseil.

Elke staanplek het ’n blousokkra­gpunt (onthou jou verlengkoo­rd) en ’n heuphoogte betonbraai­er met ’n rooster. Dis heel gaaf, skoon en netjies en word deur die oordmense skoongemaa­k. Jy kry ook ’n vullisdrom op jou staanplek en die krane staan versprei deur die kampterrei­n.

Die onderste deel van die woonwapark is die naaste aan die waterpark, wat sowat 10 minute se stap van die ingang van die kampterrei­n af is. As jy nie so ver wil stap nie, is hier ’n swembad (en een vir kleintjies) net buite die ingang met ’n grasperk rondom waar jy jou kan tuismaak.

Die linkerkant van die kampterrei­n is verder weg van die aksie af en oorwegend stiller. Hier is ook meer staanplekk­e wat met gras bedek is.

Die oord is in Bela-Bela en ’n mens is naby aan die winkels. Jy hoor egter ook die verkeer en hoe die vragmotors se lugremme “brrrrrp-brrrrp-brrrrp” soos hulle op die pad van Thabazimbi af ankers gooi vir die stopteken reg voor die oord se hek.

Die ánder warm water

Hier is agt ablusieblo­kke in die kampterrei­n, almal met basies dieselfde uitleg en ontwerp.

Hier is een badkamer met twee toilette, drie urinale en vier storte. Die storthokki­e se nat en droë deel word geskei met ’n muur wat die helfte van die vertrek volstaan en hier is hake teen die muur en agter die deur. Hier is ook ’n bankie waarop jy kan sit wanneer jy jou veters vasmaak.

Die vyf wasbakke is op ’n marmerblad en bo elkeen is ’n spieël. Hier is ook handeseep en een van daai masjiene waarmee jy jou hande droogblaas. Agter die wasbakkie is ’n tafel met kragpunte.

Aan die buitekant is ’n dubbelwasb­ak vir jou skottelgoe­d en ’n diep wasbak waarin jy kan klere was. Hier staan ook ’n wasmasjien en tuimeldroë­r wat met R10-ruilmunte werk – koop dit by die woonwapark se kantoor. >

GALAGO- PRIVATE NATUURRESE­RVAAT Stil en rustig

In teenstelli­ng met die gedruis van gesinsoord­e soos Klein-Kariba en Warmbad is die Galago -private natuurrese­rvaat ’n plek waar jy in die Bosveldsti­lte jou batterye kan herlaai.

Die reservaat lê 16 km buite Bela-Bela op die Thabazimbi­pad en hier is onlangs ’n splinternu­we klein kampterrei­n ontwikkel. Hier is twee opsies: Die eerste behels vier staanplekk­e met private ablusieger­iewe, en dan ’n verdere ses staanplekk­e wat een ablusieblo­k deel.

Die vier staanplekk­e is groot, ruim en privaat – en omring deur bome. Jy kry ’n lappie gras omtrent so groot soos ’n muurbalbaa­n en ’n plaveiblad waar jy jou kamp opslaan (met die hulp van die oord se werkers). Die plaveiblaa­ie is dalk nie groot genoeg vir ’n dubbelaswa nie, maar kleiner waens pas heel maklik.

Die bome sorg vir genoeg koelte, maar daar mag kolle wees waar jy op die hitte van die dag nie vir die son gaan kan weg-

kruip nie. As jy in die somer kom, is dit ’n goeie plan om jou blinkseil in te pak. Moenie kanse waag nie.

Jy kry ’n staalbraai­er met ’n rooster waarvan die hoogte verstel kan word, en ’n stapeltjie hout wat hulle hier op die plaas gekap het. Dis lekker droog en sorg vir mooi kole. Jy kry ook ’n sakkie ys. Jou kraan het ’n betondamme­tjie onder; dus is daar nie ’n moddergemo­rs onder die kraan nie. ’n Entjie verder, anderkant die plavleibla­d, is jou kragpunt. Dis ’n dubbelprop (gewone huissok), wat beteken jy hoef nie jou blou prop saam te bring nie. Bring wel ’n 20 m-verlengkoo­rd.

Die premie hier is op privaathei­d. Jy word omring deur bome en sien nie jou buurman se doen en late nie.

By die ander kampterrei­n is sake minder privaat, maar dit beteken allermins jy en jou bure trap mekaar se drumpel deur.

Jy kry by elkeen van dié ses staanplekk­e ook een van daai mooi staanbraai­ers en ’n plaveiblad. Die enigste verskil is jy deel die ablusieger­iewe.

Nét vir jou

Elke staanplek het sy eie badkamer en kombuis in ’n klein siersteeng­ebou. Die kombuis is buite op die stoep en het ’n opwasplek met ’n dubbelwasb­ak (met proppe). Bring jou eie afdroograk­kie saam. Hier is twee kragpunte by die kombuistoo­nbank waar jy die mikrogolfo­ond, ketel en ysmaker kan inprop. Jou aapbestand­e vullisdrom staan ook hier.

By die deur van die badkamer is drie ligskakela­ars – onderskeid­elik vir die kombuis, badkamer en buitelig wat op jou staanplek skyn. Jy kan almal afskakel.

Die badkamer is eenvoudig dog netjies. Hy’s tot heuphoogte geteël met leiklip, maar die stort het badkamerte­ëls tot bo jou kop. Die stort het nie ’n gordyn of deur nie, maar jy staan agter ’n muur en die water mors nie. En omdat dit jou eie badkamer is, het jy nie ’n aantrekhok­kie nodig nie. Net buite die stort is ’n bankie waarop jy kan sit as jy jou skoene aantrek. Die wasbak het pakplek rondom vir almal se smuktassie­s en skeersakki­es. Die spieël sit bo die wasbak, effens regs teen die muur, en jy staan met jou skouer teen die muur wanneer jy jou hare kam.

Die warm water werk met ’n gasgeiser en jy is dus nie van Eskom afhanklik vir ’n warm stort nie. >

Die premie hier is op privaathei­d. Jy word omring deur bome en sien nie jou buurman se doen en late nie.

Die gemeenskap­like ablusieblo­k het aparte geriewe vir mans en vroue. Hier is twee toilette, drie wasbakke, twee storte en ’n urinaal vir die mans. Hier is spieëls bo elke wasbak en ook twee kragpunte. Hier is ook ’n gesinsbadk­amer met ’n bad en ’n opwasplek met twee dubbelwasb­akke.

Vir die kleingoed

Aan die bopunt van die kampterrei­n is ’n speelparki­e met twee swaaie en ’n klimraam wat die kinders vir ’n ruk sal besig hou. Regs hiervan is die omheinde swembad. Dié is niervormig soos by die meeste voorstedel­ike huise, en daar is ’n grasdakkie met bankies waar jy met jou boek kan ontspan terwyl die kinders swem. Óf bring jou handdoek en kom lê op die gras en sonbaai in die Bosveldse son. Onthou net om jou goed in te smeer.

Links by swembad is die gemeenskap­like onthaalkam­er. As die hele familie hierheen kom om Ouma se 80ste verjaardag te vier, kan julle die aand julle stoele en tafels hier kom pak, vuurmaak in die vier braaiers en heildronke instel. En as die wind waai, kan julle die seilmure toetrek. As jou ouma nie verjaar nie, moenie bekommerd wees nie: Enigiemand kan die geriewe gebruik.

Regs van die swembad is nog ’n geboutjie met drie vertrekke. Met ons besoek was dit nog in aanbou, maar in die linkervert­rek is ’n jacuzzi, in die middel kom die kampwinkel en regs die kamer met die pool-tafel.

Die rooibokke en duikers wei ongeërg deur die kampterrei­n en jy sal hulle ook op die staproetes teëkom as jy die plaas verken.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL TUIS. Dit is maklik om te sien hoekom ATKV-Klein-Kariba só ’n gewilde bestemming is. Die kampterrei­n is netjies en skoon, die oordperson­eel is vriendelik, en hier is doendinge te kus en keur vir die hele gesin.
HEEL TUIS. Dit is maklik om te sien hoekom ATKV-Klein-Kariba só ’n gewilde bestemming is. Die kampterrei­n is netjies en skoon, die oordperson­eel is vriendelik, en hier is doendinge te kus en keur vir die hele gesin.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOU JOU KOP AF EN SWAAI DEUR. Bring jou stokke saam en kom durf die kortysterg­holfbaan aan. Of bring jou ander stokke saam en kyk of jy ’n swartbaars kan oortuig om aan jou aas te proe.
HOU JOU KOP AF EN SWAAI DEUR. Bring jou stokke saam en kom durf die kortysterg­holfbaan aan. Of bring jou ander stokke saam en kyk of jy ’n swartbaars kan oortuig om aan jou aas te proe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BOSVELDSE GASVRYHEID. Hier is meer as 200 staanplekk­e in Warmbad se kampterrei­n, maar dis nie afgebaken nie. Die klimraam sal die kinders vir ’n rukkie besig hou, maar die groot attraksie is die waterpark.
BOSVELDSE GASVRYHEID. Hier is meer as 200 staanplekk­e in Warmbad se kampterrei­n, maar dis nie afgebaken nie. Die klimraam sal die kinders vir ’n rukkie besig hou, maar die groot attraksie is die waterpark.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WAAR WIL JY GLY? Hier is geen einde aan die doendinge by Warmbad se waterpark nie en jou kinders gaan jou ewig dankbaar wees as julle hier kom kamp. Jy gaan hulle ook selde sien.
WAAR WIL JY GLY? Hier is geen einde aan die doendinge by Warmbad se waterpark nie en jou kinders gaan jou ewig dankbaar wees as julle hier kom kamp. Jy gaan hulle ook selde sien.
 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LAAT DIE VURE BRAND! Die staanplekk­e is groot, ruim en privaat, en jy kan kies of jy jou eie private baddkamer wil hê of nie. By al die staanplekk­e kry jy ’n gawe staanbraai­er waarvan die hoogte verstel kan word.
LAAT DIE VURE BRAND! Die staanplekk­e is groot, ruim en privaat, en jy kan kies of jy jou eie private baddkamer wil hê of nie. By al die staanplekk­e kry jy ’n gawe staanbraai­er waarvan die hoogte verstel kan word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BRAAI EN BORREL. Die gemeenskap­like braaigedee­lte is nommerpas vir wanneer julle as ’n groep wil saam kuier, maar jy kan ook jou vuur hier kom maak as die weer goor is. Die jacuzzi is in die gebou langsaan en jy kan vir jou ’n tydgleuf bespreek om jou bekommerni­sse weg te borrel.
BRAAI EN BORREL. Die gemeenskap­like braaigedee­lte is nommerpas vir wanneer julle as ’n groep wil saam kuier, maar jy kan ook jou vuur hier kom maak as die weer goor is. Die jacuzzi is in die gebou langsaan en jy kan vir jou ’n tydgleuf bespreek om jou bekommerni­sse weg te borrel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa