Weg! Ry & Sleep

DUISENDE KAMP SAAM!

- ROELOF EN DINA PRETORIUS Witrivier

Ek en my vrou, Dina, besluit om weer ’n Kaapse draai te maak met ons Toyota Hilux KZTE en Sprite Splash. Ons ry eers die Woensdag by die kinders op Pretoria aan en die Vrydag plaas my seun Hennie ’n boodskap op Kamp-Mal se Facebookbl­ad dat sy ouers, nou al ’n entjie in die tagtig, weer af Wes-Kaap se kant toe toer – mense kan uitkyk vir ons vir ’n geselsie of so.

En toe gebeur dit: Hordes boodskappe van welwillend­heid begin instroom: “Voorspoed”, “Aangename reis”, “Geniet dit”, “Kom maak ’n draai by ons”, “Mooi ry”, “Bel hierdie nommer as julle hulp nodig kry”, “Laat weet hoe dit gaan”, “Watter pad ry julle?” en nog vele meer. Ons kry selfs ’n boodskap van Thys van Eck wat sê ons kan ons bakkie by sy Motolekwer­kswinkel in Stikland laat nagaan. Teen die Vrydagaand laat was daar nie minder nie as 2 200 boodskappe op die webwerf. Baie dankie aan almal wat ons met soveel gemoedsrus op die pad laat gaan het.

Omdat ons reisplan taamlik vas was, kon ons nie al die uitnodigin­gs aanvaar nie – maar steeds dankie en groete aan almal. Soos ons gevorder het, het ons daagliks navraag gedoen oor die paaie, en dan het ons op grond daarvan besluit waarlangs ons sou ry en kamp. Ons roete was hoofsaakli­k met die N1 langs tot by Gariepdam en die Karoonason­ale park, en dan na die Ou Skip-woonwapark op Melkbosstr­and. Van hier af sou ons by die ander kinders in die Kaap ’n draai maak. Ons het vinnig vir Thys gaan groet terwyl hy die bakkie diens en heerlik oor die kamplewe gesels. Thys het ons nie ’n sent gevra nie.

Op pad terug huis toe het ons by Vanrhynsdo­rp gekamp, daarna by Springbok en weer by die Gariepdam. Meiringskl­oof was volgende, en toe Golden Gate en Drakensvil­le. Op Ermelo gaan sê ons hallo vir sus Bets en Andrew Fraser en keer oor Badplaas huiswaarts.

Die toer was 6 200 km en ons was 40 dae op die pad. Die 3.0 KZTE se odometerle­sing staan nou op 267 000 km en alles het klopdissel­boom verloop. Omdat die Splash ’n gerieflike buitekombu­is het, slaan ek en Dina slegs die tent op as ons langer as drie dae op een plek staan.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa