Weg! Ry & Sleep

HIER’S DIE KNOPPIE

- HENNING VAN EEDEN Mosselbaai

Ek verwys na die Ry-indrukarti­kel oor die Volkswagen Touareg in die November 2018-uitgawe. Julle noem in die artikel dat die Touareg se vastrapbeh­eer nie kan afskakel nie.

Die vastrapbeh­eer kán afskakel. Druk “Settings” op die rekenaar se raakskerm, klik dan op “Vehicle” en die eerste keuses wat dan op die skerm verskyn, is dié vir die vastrapbeh­eer. Dis hier waar ’n mens die funksie kan afskakel.

Ek is dit met julle eens en sien ook nie die Touareg as ’n veldryer nie, maar ’n mens wil hom darem so nou en dan ’n bietjie duine toe vat.

Dankie vir die moeite wat julle doen om ’n gebalansee­rde mening te gee. Cyril Klopper het die Touareg-artikel geskryf en sê dis ongelukkig nie voor die handliggen­d hoe ’n mens die vastrapbeh­eer afskakel of selfs gedeelteli­k deaktiveer nie. Voorts bemark Volkswagen nie die Touareg as ’n veldryvoer­tuig nie en sê dis eerder ’n toermotor vir teerpaaie wat net soms ’n grondpad gaan sien. – Red.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa