Weg! Ry & Sleep

Hardbody dop die toets

-

Die sekretaris-generaal van die Global New Car Assessment Programme (NCAP), David War d, het die motorverva­ardiger Nissan daarvan beskuldig dat hy óf swak ingenieurs het óf leuens vertel. Dit was in reaksie op Nissan se verklaring nadat dié vervaardig­er se NP300 – of “Hardbody” – 0 uit 5 sterre ontvang het in ’n botstoets wat in Oktober 2018 deur NCAP gedoen is.

Nissan het vroeër in ’n verklaring gesê die veiligheid van sy klante sal altyd sy toppriorit­eit wees en al sy motors voldoen aan óf oorskry die veiligheid­sregulasie­s–in alle lande.

“Die Nissan NP300 is ’n beproefde werkgenoot vir besighede en entreprene­urs wat betroubaar­heid en bekostigba­arheid soek. Voortduren­de verbeterin­gs word aan die NP300 gemaak, soos dubbele lugsakke en sluitweerr­emme wa tas standaardt­oerusting aangebied word. Nissan ondersoek verdere verbeterin­gs,” lui die verklaring.

Weg Ry& Sleep het Nissan Suid Afrika genader en dieselfde standaard verklaring ontvang, plus die versekerin­g dat daar daadwerkli­ke verskille is tussen die model wat in die botstoets gebruik is, en die NP300-toetsvoert­uig wat ons onlangs ontvang het.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika en Global NCAP-organisasi­e was nié beïndruk met Nissan se antwoord nie en het in reaksie die Verenigde Nasies se ekonomiese kommissie, die Afrika-unie én die Afrika-ontwikkeli­ngs bank versoek om seker te maak Afrika-regerings steek ’n stokkie voor die verkope van onveilige nuwe voertuie.

In die botstoets is bevind die NP300 se lugsakke bied geen noemenswaa­rdige veiligheid nie, die stuurwiel druk in die bestuurder se borskas, die kajuit vervorm gevaarlik en die lewe van selfs die agterste passasiers word bedreig.

Waarom die skynbare hekse- jag op Nissan Suid-Afrika? Die NCAP-organisasi­e, in samewerkin­g met die AA, het ’n program gestig met die naam Safer Cars for Afrika wat daarop gemik is om motorverva­ardiger ste dwing om nuwe voertuie met nul sterre veiliger te maak. Die uiteindeli­ke mikpunt is om die aantal sterftes en ernstige beserings op Afrika se paaie teen die jaar 2030 te halveer. Safer Cars for Africa fokus slegs op nuwe massaprodu­ksie voertuie en daar is nie planne om die verkoop van “onveilige” tweedehand­se karre te verbied nie.

Dit is nie die eerste keer dat Nissan ’n veiligheid­stoets druip nie. Die Navara het in 2008 een ster gekry in ’n EuroNCAP-botstoets (dit was in der waarheid ’n uitgekruis­te een ster, wat amper so swak is soos ’n nulletjie) waarna Nissan die Navara se programmat­uur bygewerk het en hy daarna 3 sterre ontvang het. Die Navara is wéér in 2015 getoets en hy het toe 4 sterre gekry. In Australië het die Navara 5 sterre (uit 5) losgeslaan in ’n ANCAP-botstoets.

Die onlangse toets deur Global NCAP was die eerste eerste toets van dié aard op die NP300, wat sedert 1997 vervaardig word.

In Oktober 2018 is altesame 821 NP300-bakkies in Suid-Afrika verkoop en 366 is na ander Afrikaland­e uitgevoer. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa