Weg! Ry & Sleep

Armadillo kry ’n kleintjie

-

Eko Veld Gear het sy vierde boswoonwa, die Armadillo Lite, by sy reeks gevoeg. As jy die wa so vinnig kyk, lyk hy net soos die opslaanwoo­nwaens van die ou dae, maar die Lite se Eko Veld Gear-gene slaan sterk deur.

Dit lyk omtrent of die eienaar, Fanie Botha, sy standaard-Armadillo horisontaa­l middeldeur gesny het. Inderdaad, sê Fanie, is die Lite op die standaard-Armadillo se onderstel gebou.

Eko Veld Gear het aanvanklik as kappie vervaardig­er begin sake doen wat onder meer ook abbawaens vir bakkies bou. Hiervoor het hulle’ n slim oopslaan meganisme gebruik om die slaapplek se dak te lig. Dieselfde meganisme is nou op die Lite te sien.

Toegeslaan is die wa skaars borshoogte en die dak maak in twee stappe oop. Eerstens lig jy die dak aan die agterkant tot dit regop is. Dan stap jy om en lig die dak aan die voorkant en siedaar, die Lite is opgeslaan. By albei is daar gasstutte wat hand bysit.

Die buitekombu­is is soos gebruiklik in die linkerkant van die wa. Die deur sit ook links, maar op die punt by die stert. ’n Rak op ’n glyraam trek links voor uit die romp waarop ’n eenplaatga­sstoof en die ys-vrieskas staan. Net regs hiervan, bo die linkerwiel, slaan ’n werkblad plat met ’n kas agter dit in die romp (met twee rakke). Binne die kas is ’n 220V-prop.

In die regterpane­el, in die kas regoor die uitglykomb­uis, is die gasgeiser in die deur vasgesit.

Die dubbelbed sit na links soos jy inklim. Die helfte van die bed slaan vorentoe op, wat dan plek maak vir ’n bankie links en regs voor die opgevoude bed.

Die tarragewig behoort in die omgewing van 800 kg te wees en die BVM 1 200 kg. Die prys is nog nie finaal vasgestel nie, maar Fanie sê dit behoort rondom R170 000 te wees. Kontak 021 981 5999 of 082 898 4339 info@ekoveld gear.co.za ekoveldgea­r.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa