Weg! Ry & Sleep

’n Koelboks wat sy man kan staan

-

Tentco is ’n groot naam in die seiltentbe­dryf, maar nou het hy ook ’n reeks koelbokse bekend gestel. En dis nie sommer ’n koelboks nie: Hy’s gebou om ’n paar houe te kan vat.

Werner Page, een van die direkteure van Tentco, verduideli­k hoe dit gekom het: “Ons verskaf onder meer produkte aan toergroepe, eienaars van lodge-tente en wildbesigt­igingstoer­e, en hulle gebruik heelwat koelbokse. Maar die gehalte van jou deursnee-koelboks is ’n probleem. Tentco het ’n geleenthei­d gesien vir ’n sterk koelboks wat spesiaal in die Ooste gebou word.”

Die reeks heet die Extreme Ice Box, en dié ouens skrik nie vir ’n sitvlak nie en gaan ook nie breek as hulle van ’n trokkie afval nie. Die deksels is 75 mm dik en die isolasie 50 mm. Hulle het selfs rubbervoet­jies om te keer dat hulle rondgly. Die bokse kan verder met ’n stel hangslotte sluit én kom met ’n botteloopm­aker van vlekvrye staal. En die beste nuus? Dié bokse hou ys vir tot sewe dae bevrore en word vir 5 jaar gewaarborg.

Wat kos dit? R1 470 (20 ℓ), R2 275 (40 ℓ), R3 075 (60 ℓ), R3 520 (90 ℓ), R4 235 (120 ℓ) en R5 180 (140 ℓ).

Waar beskikbaar? By Tentco self, maar ook by takke van Camp & Climb en LeisureWor­ld.

Kontak 011 397 6451 info@tentco.co.za

tentco.co.za >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa