Weg! Ry & Sleep

Bababoetie vir Amarok

-

Volkswagen hetsy nuwe Ta rok-bakkie by die S ã oP au l o internasio­nale motor skou in Brasilië onthul. Dié dubbel kajuit bakkie is merkbaar kleiner as die Amarok, maar het ’n unieke funksie: Die agtersitpl­ekke vou vorentoe sodat daar ’n opening tussen die kajuit en die laaibak geskep word waarin jy items soos branderpla­nke kan laai.

“Met sy treffende targa-dak, charismati­ese vooraansig, driedimens­ionele LED-strokies agterlangs en sterk lyne is die Tarok-konsep die eerste voertuig wat spog met die stilering van ’n voorstedel­ike sportnuts én ’n ware veldryvoer­tuig,” sê Klaus Bischoff, hoofontwer­per by Volkswagen.

Die Tarok-konsepvoer­tuig word aangedryf deur ’n 1,4 ℓ- t u r bo aangejaagd­e vier silinder enjin wat 110 kW opwek. (Dié enjin voldoen aan Brasilië se behoefte om skoon etanol of ’n etanol-petrol-mengsel te kan ontbrand.) Verder het hy ’n sesspoed- outomaties­e ratkas en Volkswagen se 4 Mot i o n-alle wiel aandrywing.

Volgens gerugte kry Brasilië binnekort’ n produksie weergawe wat deur’ n 2 ℓ-turbodiese­l aangedryf word.

Kom die Tarok Suid-Afrika toe? Daar is nog nie besluit vir watter lande die Tarok bestem is nie, maar ons hoop nie ons moet so lank vir hom wag soos vir die Renault Duster-bakkie, wat ook uit Suid-Amerika kom nie. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa