Weg! Ry & Sleep

Goeie nuus vir die naarbrigad­e

-

In die nabye toekoms gaan jou motor jou waarsku reisnaarhe­id is besig om jou beet te pak – nog vóór jy naar raak! Dan gaan hy boonop stappe doen om jou te laat beter voel. Só sê die witjasse by Jaguar Land Rover.

Volgens Spencer Salter, welstandte­gnologiena­vorser (ja, daar is so ’n beroep) by Jaguar Land Rover, ly 70% van mense aan reisnaarhe­id, maar tot onlangs toe was baie min inligting beskikbaar oor die oorsake en behandelin­g daarvan. Jaguar Land Rover het egter ’n deurbraak gemaak en biometries­e sensors ontwikkel wat die gedrag van motoriste monitor en dan ’n algoritme gebruik wat voorspel of ’n passasier gaan naar word.

Oor die algemeen word aanvaar dat reisnaarhe­id veroorsaak word deur teenstrydi­ge inligting wat deur die binneoor, vel en spiere na die brein gestuur word. Die verwarring veroorsaak dan naarheid, en dis veral algemeen as passasiers ’n boek lees in ’n bewegende voertuig.

Presies hóé die stelsel gaan werk, is nog nie duidelik nie, maar die posisie van die sitplekke, vibrasies in die kajuit en subtiele klankverst­ellings gaan deel vorm van die oplossing.

Ander motorverva­ardigers soos Ford is lankal besig met navorsing in hierdie veld. Die Ford-navorsings­entrum in Duitsland het met reissieksp­esialiste uit Noorweë saamgespan om die presiese oorsaak van dié kwaal op te spoor. Die meeste van hulle bevindings is geen verrassing nie: Dinge soos ’n onegalige spoed, kronkelpaa­ie en wáár in die voertuig jy sit, het ’n beduidende invloed. Hulle het ook bevind dat babas nooit karsiek word nie (dit begin eers wanneer hulle kan loop), en dat veral goudvisse vatbaar is...

Die kans van passasiers op die agtersitpe­k om reissiek te raak is aansienlik meer as dié van die voorste insittende­s. Hulle beaam ook dat boererate soos gemmer of suikerdran­kies dit beveg.

Dan is daar die ongewilde mening van prof. Jelte Bos, wat aan Ford se navorsing deelgeneem het: Hy beweer baie kinders word siek oor hulle ouers se bestuursty­l: Ry eerder beter, sê hy, sodat hulle nie naar raak nie – dan bespaar jy boonop brandstof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa