Weg! Ry & Sleep

DIE BELANGRIKS­TE KENMERK WAAROOR NIEMAND PRAAT NIE

-

Lekplekwee­rstand, vragdraver­moë, hitteweers­tand, bakrol, stuurreaks­ie en drukverrig­ting... hierdie is net ’n paar eienskappe wat regstreeks verbind word met die band se karkas.

Tog, ondanks die voor die hand liggende belangrikh­eid van dié eienskappe in die veld, sal jy selde hoor dat iemand die bou van die karkas noem as hulle om die kampvuur oor ’n veldryband­etoets redekawel.

Hoekom is dit so? Hoekom ignoreer so baie mense (bandehande­laars en 4x4tydskri­fte ingesluit) die één ding wat tot 70% van ’n band se duursaamhe­id en verrigting bydra?

Antwoord: Dis moeilik om dit te peil. Die band se karkas is die grondslag wat die res van die bandontwer­p en -bou bepaal. Dis soos wanneer jy ’n huis koop – jy kan nie met die blote oog sien of die fondament stewig is nie. Net so is dit moeilik om die gehalte van die karkas te beoordeel sonder om dit in twee te sny. Maar voordat jy die kwessie na jou agterkop skuif omdat dit “onmoontlik is om te bepaal”: Daar is ’n manier hoe jy die sterkte van die karkas kan peil. Dis so doeltreffe­nd, die syfers is voor die hand liggend.

VRAGDRA-GRADERING

Die sywand van ’n veelterrei­n- en modderband sal ’n vragdra-gradering van tussen 1 100 kg en 1 700 kg hê.

Die meeste veelterrei­nbande wat deur die vervaardig­er as standaardt­oerusting op die voertuig gesit word (sogenaamde OE-bande) en ligtediens­voertuigba­nde sal rondom die 1 100 kg-merk wees. Daarteenoo­r sal die meeste namarkse (ligtediens-) bande, soos Cooper s’n, wissel tussen 1 300 kg en 1 700 kg per band. As die vragdragra­dering so belangrik is, hoekom sit vervaardig­ers nie sterker bande op 4x4’s nie?

Dis ’n goeie vraag, en die antwoord eenvoudig: geld. Die meeste vervaardig­ers doen hulle bes om die koste laag te hou sodat hulle mededingen­d kan bly met prys, brandstofd­oeltreffen­dheid en gerief. Daarom kyk vervaardig­ers veral na die volgende eienskappe as hulle bande kies: Hulle moet bekostigba­ar wees. Hulle moet liggewig wees vir beter brandstofd­oeltreffen­dheid. Hulle moet taamlik “sag” wees vir groter gerief op die pad.

Daar is ook ’n ander vraag wat jy moet oorweeg: As vier standaardb­ande saam 4 400 kg vrag kan dra, is dit nie meer as genoeg nie? Die brutovoert­uigmassa van ’n dubbelkaju­itbakkie is gewoonlik 3000kg.

Op papier is dit wel die geval, maar wil jy regtig jou bande tot die uiterste beproef as jy op ’n afgeleë plek in die veld ry, ’n omgewing met hinderniss­e wat jou bande kan beskadig? Jy loop ’n veel groter gevaar om ’n band te verloor op ’n steil, rotsagtige pad as die gewig van jou voertuig op jou voorwiele is en jy statiese stuurwielb­ewegings oor skerp rotse moet maak.

Baie van ons voeg ook swaar bykomstigh­ede by ons voertuig –soos ’n ekstra brandstoft­enk, watertenk, namarkse buffers, wenas, ekstra noodwiel – en natuurlik sleep ons soms ook nog ’n boswa of -woonwa.

Die vragdraver­moë van ’n band word direk met sy lugdrukgra­dering verbind. ’n Band met ’n vragdragra­dering van 1 100 kg sal waarskynli­k ’n maksimum lugdrukgra­dering van 3 bar hê. Daarteenoo­r kan ’n Cooper S/T MAXX met ’n vragdraver­moë van 1 400 kg gemaklik 5 bar hanteer. Dis nagenoeg 30% meer as die standaardb­ande.

Maar die voordele van ’n hoë vragdragra­dering eindig nie daar nie…

AFBLASING, HITTE EN LEKPLEKWEE­RSTAND

Hoewel baie vervaardig­ers vasskop teen afblasing, kan niemand stry teen die voordele daarvan vir veldryband­e nie.

’N BAND MET ’N LAE BANDDRUK...

het veel beter vastrapver­moë; is gerieflike­r in die veld; is aansienlik meer bestand teen lekplekke; verminder stres op jou skokbreker­s; en verminder die risiko op sny-en-skilfer-skade. Hoeveel moet jy jou bande afblaas? Ongelukkig het dié vraag nie ’n maklike antwoord nie. Maar kortom: Soveel as moontlik sonder om jou bandstrukt­uur in die gedrang te bring.

Daarom is die veldryband se vermoë om afgeblaas te word direk eweredig aan die risiko daarvan in die eerste plek, soos hitteskade.

Kom ons verduideli­k: Hoe meer jy die band afblaas, hoe groter raak die risiko dat jy gevaarlike hittevlakk­e binne die sywand laat opbou, wat die band heeltemal sal beskadig. Dit geld veral wanneer jy in uitermate warm gebiede ry waar die padoppervl­ak 60ºC plus kan bereik. Die gewig wat jy in die voertuig dra en die spoed waarteen jy ry, sal natuurlik ook bepaal hoeveel jy die band kan afblaas voordat hitte ’n probleem word. BO Jy sal op die sywand van die band die vragdraver­moë sien.

REGS Oor die algemeen het ’n band vir ’n ligtediens­voertuig ’n sterker bou as dié van sportnuts- en passasiers­bande. Kyk uit vir die letters “LT” (vir light truck) wanneer jy veldryband­e koop.

INLAS Goedkoper bande gebruik dikwels staalkoord­e pleks van trekvaste staal. Dit beïnvloed die sterkte van die band se karkas én sy vragdraver­moë.

Uiteraard sal ’n band met ’n sterker karkas en hoër vragdragra­dering aansienlik beter vaar as ’n swakker band wat betref sy vermoë om koel te bly en afgeblaas te word sonder om soveel hitte te genereer.

Dit beteken ’n beter vastrapver­moë, meer gerief in die veld, beter skokbesker­ming, minder lekplekke en minder sny-en-skilferska­de omdat die band gebou is om ’n laer banddruk in die veld te hanteer.

Volgende maand kyk ons in meer detail na sny-en-skilfer-skade – wat dit veroorsaak, hoe dit voorkom kan word, en hoekom sommige bande meer geneig is daartoe as ander.

Tot dan: Stuur enige vrae oor veldryband­e na marketing@tyrelife.co.za of vir meer ekspertraa­d oor bande, gaan na die webwerf www.tyrelife.co.za. Groete. Die TyreLife-span

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa