Weg! Ry & Sleep

HIERMEE HET ONS GERY

-

Oryx 4x4 Rentals het ’n Toyota Hilux 2.4 GD-6 4x4-dubbelkaju­itbakkie vir ons geleen. Ons voertuig se daktent is ’n paar dae tevore deur onbeholpe Franse toeriste afgebrand, maar omdat ons reeds slaapplek in die park gehad het, was die afwesige tent nie ’n probleem nie.

Die bakkie se vering is met 50 mm gelig en hy’s toegerus met BF Goodrich All-Terrain-bande asook ’n snorkel en ’n volledig toegeruste kappie. Andersins is hy redelik standaard en ons kan bevestig dat hy nooit ’n voet verkeerd gesit het nie.

Oryx 4x4 Rentals is in Kaapstad en behalwe dat hulle ’n vloot Hilux’e en Land Cruisers bedryf, bied hulle ook kort veldrykurs­usse aan vir groentjies voordat hulle op vakansie vertrek. 021 412 1542

info@oryx4x4ren­tals.com oryx4x4ren­tals.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa