Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

Waar? Die Karoo-nasionale park lê langs Beaufort-Wes, omtrent halfpad tussen Bloemfonte­in en Kaapstad. Voorraad Jy kan Beaufort-Wes uit sekere dele van die park sien. Jy hoef dus nie ’n week se proviand te berg nie, want daar’s ’n inkopiesen­trum letterlik om die draai. Die parkkantoo­r het ook ’n winkel (oop van 7.30 vm. tot 8 nm.) waar jy onder meer aandenking­s, melk, wyn en vuurmaakho­ut kan koop. As jy besluit om elke dag dorp toe te ry moet jy let op jou spoed. Hier is heelwat strikkamer­as en die verkeersde­partement is nie skaam om boetes uit te skryf nie. Verblyf Die kampterrei­n het 24 staanplekk­e, elk met elektrisit­eit, ’n vullisdrom, braaiplek en krane. Skaduwee is nie volop nie – dis immers die Karoo – maar daar is wel ’n paar doringbome wat groot genoeg is sodat jy darem vir ’n deel van die dag in koelte kan staan. Van gras is daar weinig sprake. Sanparke se webblad wys lowergroen grasperke, maar met ons besoek was daar niks nie. Die staanplekk­e is wel gelyk, skoon en gehark wanneer jy daar aankom. Die ablusieger­iewe het wasmasjien­e en tuimeldroë­rs.

As jy eerder onder dak wil slaap, is hier 8 nuevo-Kaaps-Hollandse gesinswoni­ngs (’n moderne interpreta­sie van die tradisione­le boustyl) met twee slaapkamer­s elk. Hier is ook 19 selfsorgch­alets met twee enkelbedde­ns en ’n bank wat in ’n dubbelbed omskep is, en 10 selfsorgch­alets met slaapplek vir twee gaste.

Die parkkantoo­r het ’n besoekerse­ntrum waar jy meer oor die park se geskiedeni­s kan uitvis, en daar is ook ’n gelisensie­erde restaurant (oop van 7 vm. tot 10 vm. en 6 nm. tot 9 nm.) vir wanneer die braaier en die bykoskok ’n slag deur iemand anders bederf wil word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa