Weg! Ry & Sleep

Mini Cooper Countryman D

-

Jy is óf ’n Mini-mens óf jy is nie... Dié vervaardig­er het nogal die vermoë om soms die bal mis te slaan, soos met die Paceman- en Roadster-model.

Hoewel die Countryman nog nooit regtig aanloklik was vir die massas nie, is dit tegnies ’n baie gevorderde voertuig. En dit is pret om agter die stuurwiel in te skuif en met hom te gaan speel... iets waarop die maatskappy hom roem.

Hierdie een het die nuwe daktent wat Mini saam met die Italiaanse tent spesialis maatskappy Autohome ontwikkel het. Maar die daktent is ongelukkig nie deur Mini Suid-Afrika beskikbaar nie; as jy dus régtig een wil hê, gaan jy hom al die pad van Europa af moet bestel.

Die tent het ’n ingeboude matras, muskietnet­te, twee deurflappe, twee vensters en ’n LED-ligstaaf wat met batterykra­g werk. Hy is 2,1 m lank en 1,3 m breed. Mini sê hy’t genoeg slaapplek vir twee mense, maar dit kan beknop raak as een van daardie twee langer as 1,7 m is.

Hierdie Countryman se kenmerk is sy sterk en gewillige dieselenji­n. En wat brandstofv­erbruik betref, was hy glad nie dors toe ons die naweek by Tulbagh gaan uitspan het nie.

Die prettige instrument­epaneel het ook ’n manier om mettertyd in jou hart te kruip. Dit was egter irriterend dat die Mini se blikbrein die heeltyd die foon vergeet het wat ons gebruik het om musiek oor Bluetooth te speel. Ons moes elke keer wanneer ons ry, die besigheid van voor af met mekaar laat gesels.

SPESIFIKAS­IES

Enjin 1 995 cc, viersilind­er-turbodiese­l Krag 110 kW @ 4 000 r.p.m. Wringkrag 330 Nm @ 1 750 r.p.m. Prys R491 900

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa