Weg! Ry & Sleep

Ryg ’n wurm

-

As jy al ooit jou vinger raakgestee­k het terwyl jy ’n erdwurm ryg, sal jy bly wees oor dié stukkie hengelgere­i. Die verspreide­r Fear None voer ’n spesiale vlekvryest­aalnaald in waarmee jy ’n wurm maklik – en pynloos – oor ’n hoek ryg. Die Stonfonaal­de word uit Italië ingevoer en jy ryg bloot die erdwurm oor die 20 cm lange reguit naald met sy teflonpunt, en druk dan die ander punt daarvan teen die weerhaak. Dié punt van die naald pas netjies oor die skerp punt van die hoek en ’n mens voer doodeenvou­dig die wurm oor na die hoek.

Die naalde is in twee groottes beskikbaar: ’n dunner naald vir die Kariba-wurms, en ’n dikker een vir tuin- en bloedwurms. Prys Ongeveer R70 (vir 2 naalde), en R200 (vir 4 naalde plus die groen houer) by alle goeie hengelwink­els. Kontak Fear None Quality Fishing Tackle 011 979 2766

fearnone@mweb.co.za fearnoneqf­t.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa