Weg! Ry & Sleep

Pieter sê

-

Ek hou van die hoë moddersker­mboë met die enjinkap wat effens vlakker is. ’n Mens skat afstand makliker as jy naby aan iets moet verbyry of parkeer.

Dit is stil in die kajuit, selfs met die enjin wat effens raserig is. Ek wou nog kla oor die koeldrankh­ouerplek, maar sien hier is ’n rakkie aan elke kant digby die deur wat uit die voorpaneel trek. Selfs smaller blikkies pas hierin – hiervoor kry Nissan ’n groot regmerkie. Ongelukkig is die pakplek in die deur ’n bietjie smal. Dis asof die armleuning in die deur in die pad is tussen die smal pakplek en die sitplek.

Die rathefboom is nogal lank, en met die meganiese handremhef­boom langs dit is dit asof die Navara nie heeltemal by van die ander vervaardig­ers bly nie. Maar vir ’n bakkie met ’n outomaties­e ratkas is die Navara superwakke­r, en selfs teen ’n vinniger spoed (80 km/h) reageer hy onmiddelli­k wanneer jy die pedaal wegtrap.

Ek moet sê die klein skerm van die trukamera in die truspieël werk nie vir my nie. Die beeld is net té klein.

Teenoor die vorige geslag – en veral die 2,5 ℓmodel wat my beïndruk het omdat dit ’n luukse bakkie was – neig die nuwe geslag vir my meer na die NP300 Hardbody. Die nuwe Navara se voorkoms val ook nie heeltemal in my smaak nie.

Daar is egter niks verkeerd met sy sleepvermo­ë nie. Hy ry lekker en het genoeg krag wanneer jy ’n woonwa haak.

 ??  ?? Pieter Crous is al ’n ou hand wanneer dit by sleep kom. Dis wat hy dink...
Pieter Crous is al ’n ou hand wanneer dit by sleep kom. Dis wat hy dink...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa