Weg! Ry & Sleep

Voor jy jou beursie oopmaak

-

Wat sê die boekie? Brandstof Diesel Enjin 2,298 ℓ Silinders 4 inlyn Krag 140 kW @ 3 750 r.p.m. Wringkrag 450 Nm @ 1 500-2 500 r.p.m. Ratkas 7 spoed-outomaties Aandrywing Agterwiele Tarra 1 805 kg BVM 2 910 kg BKM 5 910 kg Waaddiepte Nie beskikbaar nie. Sleepvermo­ë vir geremde sleepding Tot 3 500 kg Afmetings 5 255 mm (l); 1 850 mm (b); 1 865 mm (h) Asafstand 3 150 mm Spoorwydte 1 570 mm (voor en agter) Grondvryho­ogte 229 mm Brandstoft­enk 80 ℓ Prys (nuut) Vanaf R551 900 (met leersitple­kke) Prys (tweedehand­s) Ons het op autotrader.co.za ’n 2018-model met 6 000 km op die klok gesien vir R509 900.

Vinnige feite

Die sleephaak Die stang is nie standaard nie. Die toetsvoert­uig het ’n verwyderba­re Orisstang met ’n ingeboude sakplaat waar jy die bol op twee hoogtes kan vasbout. Die stang kos R4 860 ekstra (arbeid uitgesluit).

Vering Krulvere voor en agter. Die stert het ’n goeie 4 cm gesak met ’n gewig van 140 kg daarop. Dit is baie vir ’n bakkie, maar as ’n mens in ag neem die bakkie het kronkelver­e pleks van bladvere soos die meeste ander bakkies, maak dit sin.

Wat sê die skaal? 2 240 kg met ’n vol tenk brandstof, die bestuurder in die kar asook die neusgewig van die Xcell op die stang. Binneruimt­e As jy ses voet is, is daar op die agtersitpl­ek 3 vingers oop bo jou kop en 4 voor jou knieë. Spoed Die odometer en die GPS-spoed verskil 5 km/h – wanneer die bakkie 100 km/h wys, sê die GPS jy ry 95 km/h.

Brandstofv­erbruik Die 13,1 ℓ/100 km (7,63 km/ℓ) is niks om oor te kla nie, en vergelyk goed met die 4x4-toets se 13,44 ℓ/ 100 km (die 4x4 is swaarder, maar die woonwa dieselfde).

Afwerking Donker en stewig, maar die paneel lyk tog plastieker­ig. Net soos die 4x4-model maak die middelste agterruit met die druk van ’n knoppie oop. Dié is regs van die bestuurder se knie.

Ekstras Jy kan uit ’n lys van meer as 60 items kies – dinge soos ’n allooibuff­erstaaf (R6 803), dakrak met relings (R4 471), ’n Beekman Executivek­appie (R17 467) en glystawe met treeplanke (R11 530) van Ironman 4x4. Die ander 4x2-modelle

SE (handrat) R457 900 SE (outo) R471 900 LE (handrat) R519 900 (+ R13 000 vir leersitple­kke)

Weg Ry en Sleep sê As jy R13 000 wil spaar, kan jy die model sonder leersitple­kke kies. Hy kos R538 900.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa