Weg! Ry & Sleep

’n Gang tussen julle

-

Die Hi-Rider het twee enkelbedde­ns (193 x 64 cm) in die lengte van die wa. Omdat die dak net aan die agterkant lig, word die kophoogte na die voorkant van die wa minder. As jy ses voet lank is, raak jou kop eers aan die dak as jy ongeveer 1,2 m van die deur af is. Jy kan dus maklik hier staan en aantrek.

Tussen die twee beddens is ’n gangetjie van 33 cm breed en bo elke bed is ’n venster met gordyne. Bo elke bed is ook drie kassies waar jy waardevoll­e items kan wegsteek.

Tussen die twee beddens is ’n bedkassie met ’n blad van 33 x 35 cm. In die voet van die blad is ’n 220 V-dubbelprop waar albei slapers hulle wekker of selfoon kan inprop.

Jou klere bêre jy in die kaste bo die bed by die koppenent. Die twee boonste rakkies in die kas is vlak en klein, maar die onderste twee is net die plek om die meeste van jou klere in te pak.

Die grootste kaste is onder elke matras. Elkeen het twee deksels waarvan die een die naaste aan die neus in die ruimte van die buitekas oopmaak. Die ander kas is ruim genoeg vir jou winterduve­t met ’n ekstra stel kussings.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa