Weg! Ry & Sleep

Hier’s jou yskas

-

Die Hi-Rider het nie luukshede soos ’n badkamer of kombuis nie – selfs nie ’n gasstoof nie. Maar buiten die slaapplek het hy ’n 220 V-kroegyskas regs van die deur waarvan die bokant as ’n werkblad dien as jy in die wa staan. Boonop is die prop waar die yskas inprop, ’n dubbelprop en dus ’n gawe plek om byvoorbeel­d jou ketel te sit.

Dit is ook maklik om die yskas van buite die wa af by te kom omdat dit reg langs die deur sit. ’n Rek met ’n haak span van die deur se kosyn af om die yskasdeur toe te hou wanneer jy sleep.

Hier is drie kaste regoor die yskas met plek vir jou breekware, kruidenier­sware en ’n kosblik of twee.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa