Weg! Ry & Sleep

Die tegniese goed

-

Lengte 4,3 m

Breedte 1,8 m

Hoogte 1,99 m

Nokhoogte binne-in 2,045 m

Netto gewig 560 kg

Dravermoë 190 kg

BVM 750 kg (850 kg-as)

Prys R149 000

Plus

Die groot neuskas is ’n bonus vir dié grootte wa. Die Hi-Rider is lig en ’n mens kan hom manalleen in die kampplek rondskuif. Die binnekant is ruim en jy kan selfs ’n fiets of twee inlaai as jy nie plek het in jou sleepvoert­uig nie.

Minus

Omdat hy nie remme het nie, moet jy ’n klip agter die wiel sit as jy teen ’n skuinste staan (dit is totdat jy die hoekstutte laat sak). Die beddens kan vir party mense té smal wees. Hy het nie veel van ’n kombuis nie. Weg Ry & Sleep sê Die wa het nie remme nie. Die sleepvoert­uig se tarra moet dus minstens 1 500 kg (dubbel die wa se BVM) wees. Jy kan hom steeds met ’n kode B-rybewys sleep.

Weg Ry & Sleep het die Tiny Hi-Rider by Coast & Country Leisure geleen. Bel vir Mike Schacht by 082 822 5882 as jy hom van nader wil bekyk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa