Weg! Ry & Sleep

Wie wil die korsie hê?

-

Hierdie is die beste bruinbrood wat ek nóg by die huis gemaak het. Soos die naam sê, word die brood nie geknie nie... en hy rys boonop vinnig. Sit kruie volgens jou smaak by of sprinkel sade oor net voor jy hom bak – dit sorg vir ekstra lekkerte op daardie boonste korsie!

Jy benodig

(maak 1 groot brood) 1 pak (1 kg) Eureka Millsbruin­broodmeel 1 eetlepel roosmarynb­laartjies, fyngekap 1 koppie semels 2 teelepels fyn himalajaso­ut 1 pakkie (10 g) kitsgis 5½ koppies louwarm water 2 eetlepels olyfolie 1 eetlepel asyn botter om te smeer

Só maak jy

1 Meng al die droë bestanddel­e in ’n plastiekba­k saam. Roer dan die water, olyfolie en asyn daarby in tot die mengsel ’n slap deeg vorm.

2 Smeer ’n groot platboomgi­etysterpot (nr. 3) lekker dik met botter – onthou ook die binnekant van die deksel!

3 Krap die beslag – dit sal baie slap wees – uit in die pot. Bedek dit met kleefplast­iek en laat dit vir presies 25 minute in die son staan. Moenie dit vergeet en langer laat staan nie! Haal die plastiek af en sit die pot se deksel op.

4 Kry ’n enkellaag matige kole gereed en posisionee­r ’n braaidriek­hoek daaroor. Sit die pot op die driehoek en skep ’n paar kooltjies op die deksel. Bak die brood vir 2 uur (maak dus seker jy het ’n tweede vuur aan die gang sodat jy die kole elke nou en dan kan aanvul om die temperatuu­r konstant te hou).

5 Gebruik ’n skoon sosatiesto­kkie om te toets of die brood deurgaar is – dit is reg as die stokkie skoon uitkom. Dop die brood uit, laat dit effens afkoel... en geniet hom!

Weg Ry & Sleep sê Hierdie brood maak ’n voortrefli­ke korsie wat ewe gaaf werk as ’n padkostoeb­roodjie – sónder om pap te raak. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa