Weg! Ry & Sleep

Die maklikste (beste) brood

-

Hierdie brood hoef jy nie te knie nie. Dis die minste moeite wat jy ooit met ’n brood sal hê en beslis ook die smaaklikst­e een wat jy al geproe het. Die deeg móét jy oornag buite die yskas laat staan.

Jy benodig

(maak 1 middelslag-brood) 3 koppies witbroodme­el 1½ teelepel sout ½ teelepel droë kitsgis ¼ koppie ontpitte groenolywe 1½ koppie louwarm water

Só maak jy

1 Meng die meel, sout, gis en olywe in ’n groot mengbak saam. Gooi die water by en roer dit met ’n houtlepel tot net-net gemeng. (As die beslag regtig te styf is om met die houtlepel te meng, voeg so 1-2 eetlepels ekstra water by.) Moenie dit knie nie. (Al sê jou ouma ook wat. – Red.) 2 Bedek die mengbak met kleefplast­iek en laat die deeg vir minstens 12 uur buite die yskas staan (maar nie langer as 24 uur nie). Moenie dit in die son sit nie; dit moet lekker stadig rys, teen kamertempe­ratuur.

3 Sprinkel meel op ’n werkblad (of snyplank) wanneer jy gereed is om die brood te bak. Keer die deeg versigtig daarop uit. Vryf ’n bietjie meel in jou hande en vorm ’n bol met die deeg. Bedek die deegbol op die werkblad met plastiek en laat dit vir 30 minute rys terwyl jy solank die pot regkry.

4 Kry ’n bed met kole gereed. Sit ’n platboomsw­artpot (nr. 2 of groter) in die kole met ’n paar kole op die deksel. Bak die pot net so leeg oor die kole vir 30 minute sodat dit vuurwarm word.

5 Lig die warm pot versigtig van die kole af. Sit die uitgerysde deegbol ligweg in die middel van die pot en sit dadelik die deksel op. Sit die pot op ’n braaidrieh­oek oor vuurwarm kole en gooi weer ’n paar kole op die deksel.

6 Bak die brood vir 35-45 minute. Haal dit dadelik uit die warm pot en laat dit eenkant afkoel voordat jy dit sny. Hierdie brood bly vir tot 4 dae lekker.

Weg Ry & Sleep sê Moenie die brood in ’n ander soort pot probeer bak nie; die vuurwarm ysterpot is juis die geheim.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa