Weg! Ry & Sleep

Watwo droog!

-

Hierdie brood vorm sy eie sous wat oor die brood loop wanneer jy dit omdop... Heerlik!

Jy benodig

(maak 1 middelslag-brood) 5¼ koppies witbroodme­el 1 eetlepel kitsgis 1 koppie ingedampte melk (Ideal-melk) ½ koppie botter, in blokkies gesny ½ koppie witsuiker ¾ koppie water 1 eetlepel olyfolie ½ koppie bruinsuike­r 4 teelepels fyn kaneel

VIR DIE STROOP ½ koppie botter 1 koppie bruinsuike­r

Só maak jy

1 Maak die stroop Smelt die botter en suiker oor lae hitte in die platboompo­tjie waarin jy die brood gaan bak. Laat dit eenkant afkoel. 2 Meng die meel en gis goed deur. Verhit die ingedampte melk effens en smelt die botter en ½ koppie witsuiker daarin. Haal dit van die

www.weg.co.za hitte af en roer die water daarby in. Laat die mengsel afkoel tot louwarm.

3 Roer nou die louwarm melkmengse­l deur die meelmengse­l en knie dit vir 10 minute tot dit ’n gladde deeg vorm. Vorm ’n bol daarmee en smeer die deegbol met die olyfolie. Sit dit in ’n mengbak en bedek dit met kleefplast­iek. Laat dit eenkant rys tot dubbel die volume.

4 Krap die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en rol dit uit tot ongeveer 2 cm dik. Meng die oorblywend­e bruinsuike­r en kaneel. Sny die deeg in stukke van 3 cm. Pak ’n laag van die deegstukki­es onderin die potjie. Sprinkel van die kaneelsuik­er oor soos wat jy aangaan. Laat die pot weer vir 30 minute eenkant staan om te rys.

5 Kry solank matige kole reg. Sit die pot oor die kole en bak die brood vir ongeveer 50 minute – onthou om ’n paar kooltjies op die deksel te sit.

6 Keer die brood uit op ’n opdienbord en laat almal stukke afbreek en deur die sous trek. Hemels!

Weg Ry & Sleep sê Die botteren-bruinsuike­r sous kan jy met 1 blik kondensmel­k vervang.

 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa