Weg! Ry & Sleep

GLASVESEL

-

Ons het geen amptelike statistiek nie, maar veselglask­appies blyk verreweg die gewildste soort in Suid-Afrika te wees. Die voordele van dié kappies is dat hulle vaartbelyn is en by die voorkoms van jou bakkie pas.

Ons het by Wessel Engela van Beekman-kappies gaan aanklop om sy mening oor die verskillen­de soorte te hoor.

Beekman dryf al 41 jaar handel en volgens Wessel het die maatskappy ’n markaandee­l van 54%, wat Beekman die grootste kappieverv­aardiger in Suid-Afrika maak. Boonop is Beekman ’n verspreide­r van Rhinoman-metaalkapp­ies.

Waarom glasvesel?

“Glasvesel-, of veselglask­appies, is stylvol en luuks,” sê Wessel. “Waarom sal jy ’n reghoekige kubus agterop jou duur Mercedes-Benz X-klas of vaartbelyn­de Mitsubishi Triton wil vasbout?

“Die betreklike lae gewig is ’n ander voordeel. Ons gewildste en luuksste kappie, die Beekman Executive, weeg tussen 65 kg en 75 kg, afhangend of dit vir ’n dubbel- of enkelkajui­tbakkie gemaak is. Daarteenoo­r weeg Rhinoman se Rhino SuperLite-reeks – die ligste Rhinoman – tussen 85 kg en 90 kg. Veselglas sorg dus vir ’n aansienlik­e gewigsbesp­aring.

“Glasveselk­appies is ook duursaam en feitlik onderhouds­vry. Die staalkappi­es van ouds was geneig om te kraak op die sweisnate. Dít gebeur nie met glasvesel nie.”

Maar is hy sterk genoeg?

“Ja. Ons kan die Beekman Executive versterk sodat hy 250 kg betroubaar kan dra,” sê Wessel. “Dit ewenaar die Rhinolite se dravermoë en is aansienlik beter as die Rhino SuperLite se maksimumdr­akrag van 120 kg.

“Ek weet ons raai jou aan om nie meer as 150 kg op die Excutive te laai as jy hom gaan gebruik vir veldry nie,” sê Wessel, “maar 150 kg op ’n bewegende voertuig se dak is in elk geval baie gevra, want dit verhoog die kans aansienlik dat jou bakkie gaan omslaan as jy skuins teen ’n steil duin uitry.” >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa