Weg! Ry & Sleep

Watter een is dus die beste?

-

As jy bloot jou kampgoed droog en veilig wil hou, is ’n glasveselk­appie ’n uitstekend­e keuse. Die betreklik lae gewig en vaartbelyn­de profiel gaan jou laat glimlag by die vulstasie. Ons stel nie een voor vir ’n ekspedisie deur Afrika nie, maar vir langnaweke by ’n ATKV-oord is hy 100%. As jy ’n kappie soek wat feitlik ondeurdrin­gbaar is teen boewe en saam met jou bakkie aftreeoude­rdom sal bereik, stel ons voor jy belê in ’n metaalkapp­ie – staal of aluminium, nes jy wil. Die veelsydigh­eid van metaalkapp­ies is lofwaardig, maar soek een wat die balans tref tussen duursaamhe­id en ’n lae gewig. Jy wil nie gebuk gaan onder ’n kappie vóórdat jou kamptoerus­ting ingelaai is nie.

As gewig van kardinale belang is, moet jy beslis ’n seilkappie oorweeg. En hy hoef nie ’n diefstalri­siko te wees as jy die regte soort raam gebruik nie. Die enigste beslommern­is is dat jy hom elke keer versigtig moet toemaak, want anders gaan hy stof vergaar.

 ??  ?? Januarie 2019
Januarie 2019

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa