Weg! Ry & Sleep

METAAL

-

Metaalkapp­ies, veral aluminium, word al hoe gewilder onder die veldrygeme­enskap. Een van die argumente in die aluminiumk­amp is dat dit min weeg, maar dis meermale swaarder as glasvesel – en beslis swaarder as ’n seilkappie. Waar lê die voordele dan?

Ons het ’n paar vrae gestel aan Neel Britz, bestuurder van 4x4 Mega World in Kaapstad. Dié handelaar verkoop onder meer ARB-plastiekka­ppies, AluCabalum­iniumkappi­es en RSIvlekvry­estaalkapp­ies. Waarom metaal? “Vaartbelyn­de glasveselk­appies is ongetwyfel­d mooi, en daar sal altyd ’n mark wees vir hulle,” sê Neel. “Maar daai vaartbelyn­de voorkoms tel teen hom as dit by ’n dakrak of daktent kom. Dan soek jy eerder ’n hoekige struktuur met ’n lang dakoppervl­ak sodat die monteerpun­te die mininum spanning op die kappie se materiale plaas.

“RSI-kappies word van 3CR12staal gemaak, en die nate waar twee panele bymekaarko­m, is

met knoopplate, epoksi en boute geheg. Dit skakel dus die kans uit dat krake sal vorm. Omdat RSI-kappies van staal gemaak word, kan enige ou met ’n sweismasji­en noodherste­lwerk daarop uitvoer. En jy kan maklik bybehore soos seilafdakk­ies aan die buitekant en rakke aan die binnekant vasbout.”

Maar wat van die ekstra gewig?

“In ruil vir die ekstra paar kilogram wat jy moet saamdra, kry jy ongeëwenaa­rde duursaamhe­id,” sê Neel. “Ek moet ook noem dat die gehalte van ’n kappie nie gemeet moet word op die totale gewig wat direk van bo af op die kappie kan druk nie, maar eerder aan die kappie se vermoë om gewig wat sywaarts beweeg – soos wanneer ’n veldvoertu­ig heen en weer wieg – te kan hanteer.

“Die totale dravermoë van ’n kappie is ’n bysaak. Jy moet in elk geval nooit meer gewig op die dak laai as wat die voertuigve­rvaardiger aanbeveel nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa