Weg! Ry & Sleep

SEIL

-

Die gewildheid van seilkappie­s het in die vroeë agtiende eeu die hoogte ingeskiet nadat Europese pioniers Noord-Amerika met ossewaens binnegevaa­r het – en later op eie bodem met die Groot Trek. Is seilkappie­s dus bloot tradisie of het dit voordele bo metaal- en glasveselk­appies? Ons het met Kallie Koekemoer, eienaar van Canvas Canopies in Centurion, gesels.

Waarom seil?

“Ons seilkappie­s weeg tussen 10 kg en 25 kg, afhangend van watter soort voertuig jy het en watter soort kappie jy verkies,” sê Kallie. “Dit is aansienlik ligter as glasvesel óf metaal. Die raam onder die seil is van aluminium en kan tussen 400 kg en 600 kg dra – dit is dus baie sterker as wat dit in werklikhei­d hoef te wees.

“Boere en jagters verkies ons kappies, want jy kan die seil oor bestaande skaaptrali­es of ’n skietraam trek en siedaar: Jy’t ’n kappie.

“Hou in gedagte dat sommige metaalkapp­ies amper net soveel weeg as jou bakkie se toelaatbar­e drakrag, wat nie veel gewig oorlaat vir al jou kampgoed en proviand nie.

“Ons kappies se seil hou 7-10 jaar as jy behoorlik daarna kyk. As die tyd aanbreek om dit te vervang, koop jy nét die seil en nie die hele raam nie. Só spaar jy geld.”

Maar wat van diefstal en stof?

“As jy ’n seil ordentlik span en toerits, is hy nie net waterbesta­nd nie, maar ook stofdig,” meen Kallie. “Die stof wat in jou kappie versamel, kom gewoonlik deur die gleuwe tussen die klap en die laaibak. Daarom verskaf ons ook rubberstro­ke wat die laaibak stofdig maak.

“Wat diefstal betref, kan ons die seil met staalmaas uitvoer sodat ’n skelm nie maklik met ’n mes daardeur kan sny nie.

“Die gapings tussen die sparre van ons raam is boonop smal; ’n inbreker se hand kan dalk tussendeur pas, maar hy gaan niks kan buit wat groter is as sy vuis nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa